Body

Afrikaans Devotionals

Epiese Mislukkings kan Omgekeer Word

Gary Wilkerson

Koning Dawid sit oorkant die profeet, erg beskaamd. Hy is bang, verstom oor Natan se teregwysing van God wat sy owerspel, bedrog en moord blootgelê het. Sy hart klop in sy keel, want sy lewe wat op ‘n hoogtepunt was net 'n paar minute gelede, is nou in vryval.

Simson word wakker uit sy slaap op die skoot van 'n vrou. Hy lag oor Delila se woorde “Die Filistyne is hier!” totdat hy besef dat sy fabelagtige krag weg is. Sy lewe en twintig jaar lange heerskappy as regter van Israel het pas in duie gestort.

Jesus se Voorskrif vir Geluk

Tim Dilena

Volgens ‘n gesamentlik studie deur die Wêreld Gesondheids Organisasie en Harvard Mediese Skool en gebaseer op meer as 60,000 van aangesig tot aangesig onderhoude wêreldwyd, het die rykste land – die Verenigde State – die hartseerste mense en word beskou as een van die ongelukkigste plekke op aarde.

Die gelukkigste mense op die planeet? Nigeriërs, en hulle het een van die laagste lewenstandaarde. Ek glo nie Nigeriërs is die gelukkigste nie. Gelowiges is.

Armes in die Land van Oorvloed

David Wilkerson (1931-2011)

Is jy moeg daarvoor om soos ‘n arme te leef as alles wat jy nodig het tot jou beskikking is? Miskien is jou fokus verkeerd. Is jy geneig om oor jou swakhede, versoekings en vorige mislukkings te peins? Ontmoedig dit wat jy diep in jou hart sien jou? Het jy toegelaat dat skuldgevoelens insluip?

God se Feesmaal

David Wilkerson (1931-2011)

“Hy het my geneem na ‘n plek waar ons kon feesvier, hy het vir my gewys dat hy lief is vir my” (Hooglied van Salomo 2:4, ABA07). In die gelykenis van die verlore seun (sien Lukas 15:11-31), kon die vader se blydskap nie volkome wees totdat hy by sy jongste seun in die feeslokaal gesit het nie. Hy moes seker maak dat sy seun weet hy was vergewe en dat sy sonde uitgewis was.

HEERS IN ONS WEGLOPPELTYE

Gary Wilkerson

Simson was die laaste rigter van antieke Israel wat opgeteken is in die boek Rigters. Hy was bekend vir sy bonatuurlike krag, was ‘n man wie se geboorte deur ‘n engel voorspel is en hy was van voor sy geboorte af gebind aan die Nasareense eed van vroomheid en afsondering. Simson was deur die Here liefgehad en geseën. Die Skrif sê vir ons: “En die vrou het ‘n seun gebaar en hom Simson genoem; en die kind het groot geword, en die HERE het hom geseën” (Rigters 13:24, AFR53).

God se Pad deur die Duisternis

John Bailey

Dawid was ‘n man na God se hart, maar hy het ‘n sondige natuur gehad wat duidelik in die Skrif na vore kom. In 1 Samuel 30:1-8, het Dawid en sy manskappe van die oorlog af teruggekeer net om te ontdek dat die Amalekiete hulle huise in Siklag afgebrand en die vroue en kinders gevange geneem het.

Moenie die Skatte Vergeet Nie

David Wilkerson (1931-2011)

Jy kan nie God se voorsienigheid van sy liefde skei nie. Hy het ons vir elke krisis in die lewe die voorsiening gegee om ons te help om in oorwinning te lewe te alle tye!

Ek het eenkeer gebid: “Here, ek wil u hart ken. Ek kan nie ‘n ware begrip van u liefde vir my kry uit enige boek in my biblioteek, of selfs van die gelowigste mense wat al ooit gelewe het nie. Ek wil my eie openbaring van u liefde direk uit u hart hê. Ek wil dit so duidelik sien, dat dit die manier waarop ek met U wandel en die manier waarop ek bedien, sal verander”.

Leef Bo die Stormwolke

David Wilkerson (1931-2011)

Ek en jy benodig ‘n beter begrip van God se liefde. Na die lees van 1 Johannes, het ek besef hoe min ek weet van lewe in God se liefde. “En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde en hy wat in die liefde bly, bly in God en God in hom” (1 Johannes 4:16, AFR53).

Baie Christene weet slegs teologies van God se liefde vir hulle. Hulle het die Skrif geleer en dit gehoor verkondig word, maar hulle begrip is beperk tot ‘n versie uit ‘n kinderkoortjie: “Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die woord van God”.