Body

Afrikaans Devotionals

Ken, Glo En Vertrou

David Wilkerson (1931-2011)

Enigeen kan sy blydskap behou wanneer hy vreugde in die Heilige Gees ervaar en nie beproef of versoek word nie. God wil hê ons moet te alle tye in Sy liefde bly, veral tydens ons beproewings en versoekings.

Wandel in die Heerlikheid

David Wilkerson (1931-2011)

Een ding wat ons kan bewaar in die naderende moeilike tye is ‘n begrip van God se heerlikheid. Dit mag nou wel vir jou klink na ‘n verhewe konsep wat liewer aan teoloë oorgelaat moet word, maar ek is oortuig die onderwerp van God se heerlikheid is van groot praktiese waarde vir alle ware gelowiges. Deur dit te begryp, ontsluit ons die deur na ‘n oorwinnende lewe.

Die Openbaring van God se Liefde

David Wilkerson (1931-2011)

Een spesifieke keer, was ek deur die Heilige Gees aangeroer en Hy het my na die volgende gedeelte gelei: “Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in julle allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag” (Judas 1:20-21, AFR53). Terwyl ek gelees het, het ek die Gees hoor fluister: “David, jy kom nooit in die volheid van my liefde in nie.”

Hoe Naby Kan jy Kom?

Gary Wilkerson

Een van die eerste briewe aan die kerk was van die apostels aan die nuwe heidense gelowiges, en daarin het die outeurs gesê. “Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery” (Handelinge 15:28-29, AFR53).

Gebrekkige Gebede Vervolmaak

Tim Dilena

God sal ‘n eenvoudige bekeringsgebed, ‘n eenvoudige gebed vir beskerming, ‘n eenvoudige gebed vir genesing neem en Hy sal krag daarby voeg. Hy sal doen, ver bokant dit waarvoor ek vra of selfs aan kan dink. Jy hoef nie die vermoë te hê nie, maar die Heilige Gees in jou het. Al hierdie druk is nie op jou nie. God sê in wese: “Ek het my hand hierop. Ek gaan dit verder neem as wat jy al ooit gegaan het.”

Die Een Verlore Skaap

David Wilkerson (1931-2011)

Jare gelede, het God dit op my hart gelê om 'n seunstehuis op Long Island te begin. Ek het regtig ervaar dat die Here agter hierdie werk was. Na net agtien maande, het regeringsamptenare sulke streng regulasies op die huis ingestel dat ons nie anders kon as om die deure sluit nie.

Satan Gebruik Subtiele Planne

David Wilkerson (1931-2011)

“Toe stuur die koning van Assirië ... rábsake...met ‘n swaar leër na koning Hiskia na Jerusalem toe” (2 Konings 18:17, AFR53). Die Assiriërs verteenwoordig vandag se “handleidings na voorspoed.” Die duiwel sal sy leër rondom jou mure paradeer, mense wat magtig, pragtig en skynbaar suksesvol is in alles wat hulle onderneem. Wanneer jy hulle sien, sal jy ingeperk voel soos ‘n gevangene.

Hy Roep Ons om te Stry

David Wilkerson (1931-2011)

Ons moet gereed wees vir wat kom. Ons moet gereed wees om ons dae in geestelike oorlogvoering deur te bring met die wete dat ‘n vloedstroom van ongeregtigheid gemik is teen die kinders van God. “En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle” (Judas 1:14, AFR53). Die Skrif sê dat ons konings en priesters is vir die Here, en ons verteenwoordig hierdie tienduisendtalle wat uitgaan om teen Satan se leër te stry. Satan veg teen ons omdat hy ons kwaai haat (sien Openbaring 12:17).

Dissipline om die Wedloop te Voltooi

David Wilkerson (1931-2011)

“Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? — sodat as jy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie” (Lukas 14:28-30, AFR53).

“Vryhede” Uit Liefde Laat Vaar

Gary Wilkerson

In die boek 1 Korinthiërs, reageer Paulus op 'n brief wat hy ontvang het van 'n Korinthiese Christelike gesin wat probleme in die kerk aangemeld het.

'n Deel van sy brief sê: “Sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as ‘n afgodsoffer, en hulle gewete, was swak is, word besoedel. Maar die voedsel bring ons nie nader by God nie; want as ons eet, het ons nie oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie. Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien ‘n struikelblok word vir die wat swak is nie” (1 Korinthiërs 8:7-9, AFR53).