Sodat Ons Christus as Wins Kan Verkry

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus was volkome gevange geneem deur sy Heer, en tog skryf hy: “Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry" (Filippense 3:7-8, AFR53, klem bygevoeg).

Kosbaarder as Goud

David Wilkerson (1931-2011)

Die verhaal van Ester is 'n intense geestelike stryd. Die duiwel het probeer om God se volk op aarde te vernietig, hierdie keer deur die goddelose Haman. Hierdie ryk, invloedryke man het die koning van Persië oorreed om 'n bevel uit te vaardig waardeur alle Jode onder sy heerskappy gedood moes word, van Indië af tot by Ethiopië.

Word Sterk in Jou Beproewing

David Wilkerson (1931-2011)

As ons nie konflik, druk of beproewings gehad het nie, sou ons passief en louwarm geword het. Verval sou intree, en ons tempel sou in puin lê. Dit is waarom die plan van die vyand teen ons duidelik is: Hy wil ons uit die geveg haal.

Ons kry al die hulpbronne vir krag om voort te gaan en die mag oor die vyand in ons geestelike gevegte. Op daardie dag wanneer ons voor die Here staan, sal Hy vir ons sê: “Onthou jy wat jy deurgemaak het in daardie aaklige stryd? Kyk wat jy deur dit alles heen bereik het. Dit is alles verkry deur die stryd wat jy oorwin het.”

Spreek die Waarheid in Liefde

Claude Houde

As ouers, laat ons onthou dat dit in die eerste plek in ons huise is waar ons kinders die mees betekenisvolle leerstellings van hul lewens sal ontvang deur ons te sien leef, konflik hanteer en oplos en ook deur te waar te neem hoe ons teenoor mekaar optree.

Een van die belangrikste kwessies in ons strewe na eenheid in ons gesinne, is ons vermoë om konflik te kan hanteer. Te dikwels bevind gesinne hulself aan een kant van twee uiterstes.

Vertrou Die God Wat Verlos

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus is dikwels geteister deur demoniese magte. In een spesifieke geval het hy op die eiland Pafos gepreek toe demone probeer inmeng: “En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos, en ‘n towenaar gevind, ‘n valse profeet, ‘n Jood met die naam van Bar-Jesus. Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, 'n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat  en het versoek om die woord van God te hoor. Maar ... die towenaar ... het hulle teëgestaan ​​en probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof” (Handelinge 13: 6-8, AFR53).

Vind Oorwinning en Vrede

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus skryf aan die vroeë kerk: “Maar ek sê: Wandel in die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikhede van die vlees volbring nie” (Galásiërs 5:16, AFR53). Hierdie opdrag om in die Gees te wandel, word aan almal gegee, nie net 'n paar superheiliges nie. Hier is drie stappe hoe jy hierdie lewe kan bekom.

Soos ‘n Moeder Haar Kind Liefhet

David Wilkerson (1931-2011)

Die Vader het jou lief; dit is op hierdie punt dat menigtes gelowiges God faal. Hulle is bereid om oor en oor oortuig te word van sonde en mislukking, maar hulle sal nie toelaat dat die Heilige Gees hulle oorstroom met die liefde van die Vader nie.

Die wettis leef graag onder oortuiging van sonde. Hy het nog nooit die liefde van God verstaan ​​nie of die Heilige Gees toegelaat om daardie liefde aan sy siel te bedien nie.

Die Blye Roepstem van Ons Harte

David Wilkerson (1931-2011)

Die Heilige Gees is die een wat ons vandag leer om te sê: “Abba Vader.”

Hierdie frase verwys na ‘n Midde Oosterse gewoonte van Bybelse tye rakende die aanneming van ‘n kind. Totdat die aannemingsdokumente geteken en geseël is deur die aanneempa, het die kind hierdie man slegs as “’n vader” gesien. Hy het geen reg gehad om hom abba, wat “my vader” beteken, te noem nie.

Die Kenmerk van Opregte Liefde

Gary Wilkerson

Wat sê Paulus? “Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie” (1 Korinthiërs 13:1-3, AFR53).