Body

Afrikaans Devotionals

Die Verwarring van die Massas

Gary Wilkerson

In ons samelewing lyk dit asof 'n klein groepie die veranderinge wat in ons kultuur plaasvind, lei, en hulle is baie kwaad. Die hele situasie herinner my aan die groot menigte wat in die stadion van Éfese ingestorm het in protes teen Paulus se bediening. In Handelinge 19:21-41 was die mense wat die oproer gelei het, die afgodemakers, maar vir die duisende ander mense in die stadion gebruik die Skrif nie die woorde “met woede vervul” nie. Dit gebruik die woorde "in die war" vir hulle.

Die Enigste Manier om Vrug te Dra

Jim Cymbala

Vrug in die Bybel kan baie dinge beteken; dit kan vrug van die Gees beteken, dit is liefde, vreugde, sagmoedigheid, vriendelikheid; maar dit kan ook vrug van bediening beteken. Soos ons in die Nuwe Testament sien, het sekere manne van Ciprus en Cirene na Antiochië gegaan, en die hand van die Here was by hulle en menigtes het hulle tot die Here bekeer (sien Handelinge 11:19-26).

Met die Vlees Stoei

David Wilkerson (1931-2011)

As navolgers van Christus, moet ons God op sy woord neem en aanvaar wat Hy van ons sê. Dit beteken dat ons “ou mens” iemand verteenwoordig wat nog steeds probeer om regverdig voor God gesien te word weens sy eie werke. So 'n mens se gewete bring hom gedurig onder skuldgevoelens, maar in plaas daarvan om hom te bekeer, belowe hy om sélf sy sondeprobleem te oorkom. “Ek gaan verander! Ek sal vandag teen my boesemsonde begin stry, maak nie saak wat die prys is nie. Ek wil hê dat God moet sien hoe hard ek probeer.”

Verseker van God se Getrouheid

David Wilkerson (1931-2011)

Toe Jesus op die hoogste punt van die tempel gestaan het, het Satan vir Hom gefluister: “Gaan voort. Spring! As U regtig God se Seun is, sal Hy U red.”

“[Die duiwel] sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie” (Matthéüs 4:6, AFR53).

Die Here van Bonatuurlike Verlossing

David Wilkerson (1931-2011)

Dink aan Israel se bonatuurlike verlossing uit Egipte in die Bybel. Terwyl God se volk op droë grond deurgegaan het, het hulle gesien hoe golwe op hul vyande agter hulle neerstort. Dit was 'n glorieryke oomblik en hulle het 'n magtige lofbyeenkoms gehou met dans, sang en danksegging. “Ons is vry! God het ons verlos uit die hand van onderdrukking.”

Die Vader se Blydskap

David Wilkerson (1931-2011)

“Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees...laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water” (Hebreërs 10:19-20,22, AFR53).

‘n Flessie Vol Geloof

Gary Wilkerson

In 2 Konings 4:1-7 het ons 'n wonderlike gedeelte oor Elisa en 'n weduwee. Sy het haar verhaal aan Elisa begin vertel, en dit was 'n verhaal van hartseer, gebrokenheid en teleurstelling. Haar man het gesterf. Daardie een ding alleen sou tragies genoeg wees, maar haar verhaal word nog erger. Haar man was nie net weg nie, maar sy het ook baie skuld bo haar vermoë om te betaal gehad.

Kies Die Beter Vrug

Claude Houde

In die boek Galásiërs stel die apostel Paulus 'n ongefilterde, presiese en realistiese lys op van talle negatiewe emosies en gedagtes waarmee ons daagliks worstel: onreinheid, woede, jaloesie, afguns, wrokke, spyt, skaamte, onsekerheid, trots, egosentrisiteit, bedrieglikheid, luiheid, wanhoop, haat, goddeloosheid, skynheiligheid, ens. Ons sien duidelik hoe ons natuur homself in onsedelikheid en afgodediens openbaar.

Lewe As ‘n Nuwe Mens

David Wilkerson (1931-2011)

Jy ken die storie. 'n Jongman het sy deel van die erfdeel van sy vader geneem en dit verspil op oproerige lewe. Uiteindelik was hy gebroke, sy gesondheid en gees geruïneer. Op sy laagste punt het hy besluit om na sy vader terug te keer. Die Skrif sê vir ons: “En hy het opgestaan ​​en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver weg was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen” (Lukas 15:20, AFR53).