Ek dink dikwels aan Abraham se voorbeeld toe hy vir die goddelose stad, Sodom, gebid het. Die Here het hom geantwoord en gesê: “As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil” (Génesis 18:26, AFR53).
Almal ken Simson in die Boek Rigters vir sy kragtige dade, maar ek het ‘n paar dinge oor Simson raakgesien wat ons geneig is om oor te sien.
Sy hele lewe van die baarmoeder tot die graf, was om toegewyd aan Christus, aan God en sy diens te wees. Hy mag nie sy hare afgesny het nie; hy mag nie iets alkoholies gedrink het nie; hy moes geen dooie liggame aangeraak het nie. Dit was tekens van ‘n afsondering, ‘n heiligheid. Nie net was hy ‘n roeping gegee nie, maar Rigters 13:5 gee vir ons ‘n kykie na die doel van sy lewe.
Toe Jesus na die einde van die tyd gekyk het, het Hy ‘n verskriklike probleem uitgewys. “Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min” (Matthéüs 9:37, AFR53).
Waarom is regeringsleiers en die media so neerhalend teenoor Christene? Waarom het so baie jongmense Christenskap afgeskryf as ontoepaslik op hulle lewens?
Dit is omdat die kerk oor die algemeen nie langer ‘n lig is nie. Christus heers nie oor ons samelewing nie omdat Hy nie in ons lewens heers nie. As ek vandag rondkyk, sien ek min mense in God se huis wat werklik een met Christus is, en min bedienaars weier wêreldse metodes om God vir hulle leiding te vertrou.
“En hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk” (Psalm 78:41, AFR53). Die woord hier vir “gekrenk” kom van twee stamwoorde wat beteken “God bedroef deur ‘n teken uit te krap.” Kortliks beteken om God te krenk om ‘n lyn of kring te trek en te sê, “God is hier binne en Hy gaan nie verder nie.”
Christus se kerk was nog nooit heeltemal goedgekeur of aanvaar deur die wêreld nie, en dit sal nooit nie. As jy vir Jesus lewe, sal dit nie nodig wees om jouself van wêreldse geselskap af te skei nie; hulle sal dit vir jou doen. Al wat jy hoef te doen, is om vir Hom te lewe. Skielik sal jy vind jy word verwyt, verwerp en boos genoem: “Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens” (Lukas 6:22, AFR53).
David Platt het ‘n boek geskryf genaamd Radical: Taking Back Your Faith From the American Dream. Dit is ‘n wonderlike boek wat daaroor gaan om jou hele lewe volkome aan Jesus gee.
“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is” (1 Petrus 5:8-9, AFR53).
Die apostel Paulus sê: “Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie” (Romeine 10:8-11, AFR53).