Beskou die manier waarop God self sy verhouding met Abraham beskryf: “Abraham, my vriend” (Jesaja 41:8, AFR53 NKJV). Net so, sê die Nuwe Testament vir ons: “En Abraham het God geglo ... en hy is ‘n vriend van God genoem” (Jakobus 2:23).
Jare gelede het ek ‘n ernstige rugbesering opgedoen. Ek het vroeër langafstandfietsry gedoen; maar na die besering kon ek nie soos voorheen beweeg nie. Ek het waarskynlik 20-25 pond opgetel. Dit het my ‘n bietjie geskok en daarom het ek daaraan begin werk om my gesondheid terug te kry, te oefen en reg te probeer eet. ‘n Ernstige probleem is dat ek groente haat. Dit smaak sleg, maar ek probeer om my groen groentes te eet.
“Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan” (Efésiërs 6:13-14, AFR53).
Ek was gelei om Openbaring 9:1-12, die hoofstuk oor die sprinkane, te lees en te bestudeer. Terwyl ek vers 4 gelees het oor God se opdrag aan die sprinkane om niks groen te vernietig nie, het gedagte by my opgekom.
Ongelukkig lyk baie van Christus se liggaam vandag na ‘n hedendaagse Dal van Droë Bene (sien Esegiël 37:1-14). Dit is ‘n wildernis vol verbleikte geraamtes van afvallige Christene. Bedienaars en ander toegewyde gelowiges se vlam het uitgedoof weens ‘n boesemsonde. En nou is hulle vol skaamte en kruip weg in grotte wat hulle self gemaak het. Soos Jeremia, het hulle hulself oortuig, “Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie” (Jeremia 20:9).
Die Bybel sê vir ons dat Jakob ‘n fenomenale openbaring ontvang het deur ‘n van aangesig tot aangesig ontmoeting met God: “Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered” (Génesis 32:30, AFR53). Wat was die omstandighede rondom hierdie openbaring? Dit was die laagste, mees skrikwekkende oomblik in Jakob se lewe. Op daardie tydstip, was Jakob vasgevang tussen twee sterk magte: sy woedende skoonpa, Laban, en sy vyandige, verbitterde broer, Esau.
Dwarsdeur die Skrif het mense die grootste openbarings van God se goedheid in hul tye van benoudheid, rampspoed, afsondering en swaarkry gekry. Ons vind 'n voorbeeld hiervan in die lewe van Johannes. Drie jaar lank was hierdie dissipel “aan Jesus se boesem”. Dit was ‘n tyd van rus, vrede en vreugde met min probleme of beproewings. Hy het Jesus slegs geken as die Seun van die mens. Wanneer het hy dan sy openbaring van Christus in al sy heerlikheid ontvang?
In die dae van die vroeë kerk het die liggaam van die gelowiges gesê: “En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het, wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink? Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde” (Handelinge 4:24-26, AFR53).
Verskeie studies in sosiologie en ander opvoedkundige wetenskappe demonstreer dat ‘n oorbeskermende kind wat alles gespaar is en slegs oorwinnings ken, homself in ‘n nadelige posisie of selfs in ernstige gevaar bevind wanneer die groot beproewings van die lewe hom of haar tref.
Dit is natuurlik om jou kinders te wil beskerm, maar een van die mees buitengewone vaardighede wat ons geroep is om vir ons families te ontwikkel, is ‘n gesonde, Bybelse uitkyk van hoe om deur beproewings te gaan.
Dikwels gebruik God engele om mense te bedien, maar meeste van die tyd gebruik Hy sy eie sorgsame kinders om sy genade uit te deel. Dit is een rede waarom ons deelgenote van sy genade gemaak word: om kanale daarvan te word. Dit is vir ons bedoel om dit aan ander skenk. Ek noem dit “mense-genade.”