Body

Afrikaans Devotionals

God se Bewarende Krag Deur Beproewings Heen

Carter Conlon

In 1989 het ek na Oos-Kanada gereis en evangelisasiebyeenkomste gehou en getuig van die goedheid van God in verskeie kerke wat aanmoediging nodig gehad het. Nou, as jy na ‘n seisoen van reis terugkeer huistoe, verwag jy gewoonlik dat jy ‘n bietjie persoonlike rus en gemak sal vind. Die laaste ding wat jy verwag om te kry, is dat jou huis tot op die grond afgebrand is.

Gebind aan die Lewende Woord

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here heers oor die hele skepping met majesteit en krag. Sy wette beheer die hele heelal – die hele natuur, elke land en alle sake van mense. Hy heers oor die see, die planete, die hemelliggame en al hul bewegings. Die Bybel sê vir ons: “Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies” (Psalm 66:7). 

Onwankelbare Lewens

David Wilkerson (1931-2011)

“Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Hebreërs 4:16). 

As God vir ons sê om met vrymoedigheid en vertroue na sy troon te kom, is dit glad nie ‘n voorstel nie. Dit is hoe Hy dit verkies, en daaraan moet gehoor gegee word. Waar kry ons dan hierdie vrymoedigheid, hierdie toegang-met-vrymoedigheid tot gebed? 

God se Ononderbroke Raad

David Wilkerson (1931-2011)

God het ons belowe, “God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood” (Psalm 46:2 AFR83).

Die frase “altyd bereid” beteken “altyd hier, altyd beskikbaar, met onbeperkte toegang.” Kortliks, die inwonende teenwoordigheid van die Here is altyd in ons. En as Hy altyd in ons teenwoordig is, dan wil Hy voortdurend met ons in gesprek wees. Hy wil hê ons moet met Hom praat, maak nie saak waar ons is nie: by die werk, by familie, by vriende, selfs by ongelowiges.

Vrymoedigheid om God se Beloftes te Bid

David Wilkerson (1931-2011)

Die Bybel sê vir ons dat die Here nie ‘n aannemer van persoon is nie. En omdat Hy nie witbroodjies het nie – omdat sy beloftes nooit van geslag tot geslag verander nie – kan ons Hom vra om aan ons dieselfde barmhartigheid te betoon wat Hy deur die geskiedenis aan sy volk bewys het. Selfs koning Manasse wat nog erger gesondig het as enige koning voor hom, is herstel toe hy tot inkeer gekom het” (sien 2 Konings 21:1-18).

In die Middel van Verdorwe Kultuur

Gary Wilkerson

Die vroeë kerk was in baie soortgelyke omstandighede as waarin ons vandag verkeer. Hulle het geleef onder die outoritêre bewind van Rome met sy mees goddelose, heidense kultuur. Geweld was in die openbaar verheerlik. Hulle het te make gehad met seksuele onsedelikheid wat selfs die skandelike agteruitgang wat ons vandag in ons eie kultuur sien, oortref.

Die Skild van Geloof Optel

Jim Cymbala

Ons het gesê dat ons ‘n skild van geloof het wat ons moet gebruik. “Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus” (Efésiërs 6:16, AFR53). Hierdie vers laat egter ‘n vraag ontstaan.

Die Dag van Christus is Naby

David Wilkerson (1931-2011)

“Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie — deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees — asof die dag van Christus al daar is” (2 Thessalonicense 2:1-2). Wat die Tessalonisense ontstel het, was dat hulle gedink het dat Christus reeds gekom het, en dat hulle dit misgeloop het.

God Gebruik Mense

David Wilkerson (1931-2011)

God gebruik mense om ander mense te verkwik. Hy is so lief vir hierdie soort bediening dat Hy die profeet Maleági gedring het om daaroor te praat as ‘n broodnodige werk in die laaste dae. Maleági het beskryf hoe God se volk mekaar in sy tyd opgebou het deur middel van een-tot-een-opbouing: “Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek” (Maleági 3:16).

Die Hemel in ons Siele

David Wilkerson (1931-2011)

Ek het die Here in gebed genader en Hom gevra: “Wat is die belangrikste aspek daarvan dat U ons ‘n tempel maak?” Dit is wat by my opgekom het: toegang met vrymoedigheid en vertroue.

Paulus sê oor Christus, “in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom” (Efésiërs 3:12).