Body

Afrikaans Devotionals

Vrede Groter as die Storm

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus gee ons meer as een rede waarom ons sy vrede nodig het. Christus het vir sy dissipels in Johannes 14:30 gesê: “die owerste van hierdie wêreld kom.” Wat was die konteks van sy stelling? Hy het pas vir die twaalf gesê: “Ek sal nie veel meer met julle spreek nie” (14:30).

Neem Jou Passie vir God Toe?

David Wilkerson (1931-2011)

Mag ek vir jou ‘n boodskap gee wat ek glo uit die gedagtes van Christus deur die Heilige Gees kom? Dit het te make met wat ek glo een van die grootste behoeftes in die kerk van vandag is. Trouens, dit is ‘n boodskap wat elke gelowige behoort te hoor.

God Het Die Verlatenes Lief

David Wilkerson (1931-2011)

Hebreërs 12:1 sê vir ons dat die wêreld omring word deur ‘n wolk van getuies wat saam met Christus in die hemel is. Wat het hierdie menigte hemelse getuies vir die huidige wêreld te sê?

Ons dag is baie voorspoedig. Ons ekonomie is geseënd, maar tog het ons samelewing so onsedelik, gewelddadig en anti-God geword dat selfs sekulariste kla oor hoe ver ons gedaal het. Oral wonder Christene waarom God sy oordele oor so ‘n goddelose samelewing uitstel.

Chaos en Konflik in die Kerk

Gary Wilkerson

Nêrens in die Bybel staan daar dat Petrus, Jakobus en Johannes ‘n probleem gehad het met die slae of die bevele van die owerhede om nie die evangelie te verkondig nie. Dit onderdruk nie die kerk nie. Dit is nie eksterne druk of eksterne vervolging wat God se werk onder sy kinders laat skipbreuk ly nie. Dit is chaos en konflik wat van binne die kerk af kom. 

Versterk in die Vuur

Carter Conlon

“Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly” (Efesiërs 6:13, AFR53).

Dit was die apostel Paulus wat hierdie woorde neergepen het om die gelowiges in Efese te vermaan. ‘n Ander vertaling sê dit so: “Na die hele geveg verby is, sal julle nog vas staan” (NLV). Natuurlik sou daar nie veel betekenis aan Paulus se woorde wees as hy self nie deur die vuur gegaan en uiteindelik kon bly staan het nie.

As die Heilige Gees Kom

David Wilkerson (1931-2011)

Die profeet Jesaja beskryf wat gebeur as die Heilige Gees op ‘n volk neerdaal. Jesaja profeteer, “Totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn ‘n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir ‘n bos gereken” (Jesaja 32:15).

Jesaja voeg by: “En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord” (32:16). Volgens die profeet bring die Heilige Gees saam met Hom ook ‘n boodskap van oordeel teen sonde. En daardie boodskap bring geregtigheid by die mense voort.

Wat Verstom die Engele?

David Wilkerson (1931-2011)

“Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene” (Matthéüs 6:31-32).

Jesus sê vir ons dat bekommernis – oor die toekoms van ons gesin, oor werk, oor hoe ons gaan oorleef – ‘n heidense lewenswyse is. Jesus praat hier van diegene wat geen hemelse Vader het nie. Hulle ken God nie soos Hy bekend wil staan ​​as ‘n versorgende, voorsienende, liefdevolle Vader in die hemel nie.

Die Genesende Salf van Verkwikking

David Wilkerson (1931-2011)

“Mag die Here aan die huis van Onesíforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie; maar toe hy in Rome gekom het, het hy my baie ywerig gesoek en gevind ... En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Éfese bewys het” (2 Timótheüs 1:16-18).

Vind die Oplossing in Diensbaarheid

Gary Wilkerson

Soms is die oplossing vir ons probleme ‘n persoon wat dien. Dit klink waarskynlik nie na ‘n oplossing nie, of hoe? Ons oplossings is gewoonlik: “Kom ons hou ‘n drie-weke vas- en-gebedsbyeenkoms. Bied ‘n reeks herlewingsbyeenkomste aan! Waarom stuur ons nie iemand Bybelkollege toe nie?”

Die reaksie van die apostels op die vroeë kerk se probleme van rassisme, bevoordeling, klassisme en konflik oor mense se verlede was: “Kom ons soek mense wat regtig graag wil dien.”

Ons Hande In Syne Plaas

Jim Cymbala

Ons het ons kleindogter help grootmaak en daarom was sy gereeld by ons, en een keer het ons deur Queens gestap. Sy was ongeveer vyf of ses en het ‘n entjie voor ons geloop. Toe het ‘n paar junior straatboewe voor ons om die hoek gekom, en hulle het probeer kwaai lyk, en hul broeke het agter afgehang. Hulle het gevloek, mekaar gestamp en geskree: “Jy het niks. Laat my sien wat jy het.”