Body

Afrikaans Devotionals

Omhels die Genade van Jesus

Gary Wilkerson

Daar is ‘n algemene wanopvatting rakende Jesus se beroemde woorde in Johannes oor die skape, die herder en dief. “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower.

Drie Gebreekte Bene

Tim Dilena

 

Toe ek jare gelede die kerk in Detroit geplant het, het ons ‘n gebedsbyeenkoms op ‘n Vrydagaand begin. Dit het bestaan uit twee dames wat gebid het, een man wat net daar gesit en Bybellees het, ‘n duiwelbesetene man wat in die hoek gemanifesteer het, en ek wat daar gesit en gedink het: “Dit is die slegste gebedsbyeenkoms in die land, en as ek nie die predikant was nie, sou ek nie gekom het nie.”

Wagtend op die Laaste Dag met Hoop

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus skryf: “Deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot 'n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie” (Filippense 2:16). Paulus het die dag voorgestel as hy in Christus se teenwoordigheid sou staan ​​en die geheime van verlossing onthul sou word.

Skyn die Evangelie Uit jou Lewe?

David Wilkerson (1931-2011)

“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (Filippense 4: 4). Dit is Paulus se slotwoord aan die Filippense. Hy het nie gesê: “Ek is in die tronk en hierdie boeie is ‘n seën. Ek is so bly vir hierdie lyding” nie.  Ek is oortuig daarvan dat Paulus daagliks vir sy vrylating gebid het en soms uitroep het vir krag om te volhard. Selfs Jesus het in sy uur van beproewing en lyding tot die Vader geroep: “Waarom het U My verlaat?” Dit is ons eerste impuls in ons swaarkry om te roep: “Waarom?” En die Here is geduldig met die uitroep.

God Het Alles Onder Beheer

David Wilkerson (1931-2011)

Die hele wêreld sidder op die oomblik oor die uitbreek van terreur en rampe wat regoor die aarde plaasvind. Elke dag word ons wakker om van nog ‘n ramp te verneem. Sommige waarnemers sê dat ons die begin van die Derde Wêreldoorlog aanskou.

Is My Arbeid Tevergeefs?

David Wilkerson (1931-2011)

Sou dit jou skok om te weet dat Jesus die gevoel ervaar het dat Hy min vermag het?

In Jesaja 49:4 lees ons die volgende woorde: “Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer....” Let daarop dat dit nie die woorde was van Jesaja, wat op ‘n volwasse ouderdom deur God geroep is, nie. Nee, dit is Christus se eie woorde, gespreek deur Iemand “geroep van die moederskoot af, van my geboorte af ... die HERE wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word” (49:1,5).

As God Teentand Toelaat

Carter Conlon

In die dae toe die Filistyne bymekaargekom het om teen Israel te veg met 30 000 strydwaens, 6 000 perderuiters en soveel mense soos die sand op die strand, het koning Saul en die manne van Israel besef dat hulle in gevaar was en het hulle in grotte en gate begin wegkruip. Die Skrif sê dat ander Saul bewend na Gilgal gevolg het. Tog was daar iemand wat nie onder die banges gevind is nie.

Hoop vir Verpletterde Verwagtinge

David Wilkerson (1931-2011)

Ons het uit Jesaja 49 geleer dat die Here jou stryd ken. Hy het dit voor jou gestry. En dit is geen sonde om gedagtes te hê dat jou arbeid tevergeefs was, of om terneergedruk te wees met ‘n gevoel van mislukking oor verpletterde verwagtinge nie. Jesus het dit self ervaar en was sonder sonde.

Gee My Al Jou Môres

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here het eendag aan Abraham verskyn en hom ‘n fenomenale opdrag gegee: “Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys” (Génesis 12:1).

Hoe het Abraham op hierdie fenomenale woord van die Here gereageer? “Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom” (Hebreërs 11:8).