Body

Afrikaans Devotionals

Vertrou op God in Jou Stryd

Gary Wilkerson

Sommige van julle sukkel al lank met ‘n gewoontepatroon van sonde. Jy het gebid; jy het gehuil; jy het op bevryding gehoop; jy het gevas; jy is deur berading; jy het dit aan vriende bely; jy behoort aan ‘n aanspreeklikheidsgroep.

Maar daardie ding is nog steeds soos ‘n doring in jou hart. Dit val jou kragtig aan en jy wonder: “Wanneer sal ek ooit vry wees hiervan?”

Hoe Wandel Jy in die Gees?

Jim Cymbala

Paulus het gesê: “Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Galásiërs 5:16). Klink eenvoudig, nê? Wandel net deur die Gees. Probleem opgelos! Maar hoe op aarde pas ‘n mens so ‘n vers toe? Hoe wandel jy in die Gees? Hoe lyk dit op daaglikse basis?

Gebruik die Skrif Teen die Vyand

Nicky Cruz

In sy beskrywing van die wapenrusting van God, noem Paulus die Woord van God ‘n “swaard van die Gees” (Efesiërs 6:17). Die Bybel is dus nie net ‘n boek nie; dit is ‘n lewende Woord wat deur die Heilige Gees geaktiveer word. En dit is ‘n wapen om in geestelike oorlogvoering te gebruik. Soos die Hebreërskrywer sê: “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart” (Hebreërs 4:12).

Maar Ons Sien Jesus!

David Wilkerson (1931-2011)

Vandag poog Satan om die kerk van sy boodskap van Jesus Christus se sentraliteit af weg te kry. Satan begeer niks anders nie as om God se kinders van hul boodskap te laat afdwaal en een manier waarop hy dit doen, is deur Christene so op te werk oor ‘n politieke saak dat dit hulle oorheers. As dit gebeur, word die saak spoedig al waaroor ‘n mens kan praat, en is Jesus nie meer ‘n allesoorheersende saak nie.

Opstandingskrag in Jou Lewe

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus het sy kommer uitgespreek oor die kerk van Jesus Christus toe hy gebid het: “Mag God julle nie net die grootheid van Christus in die verlede openbaar nie, maar ook sy huidige grootheid.” Hier is sy spesifieke gebed: “Sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is” (Efesiërs 1:18-19).

Bewaar Deur Jesus se Belofte

David Wilkerson (1931-2011)

Satan kan die geloof van nie een kind van God toets of laat bewe sonder die Here se toestemming nie. Eenvoudig gestel, God het ‘n doel en plan agter elke beproewing wat Satan in ons lewens veroorsaak. Jesus het die apostel Petrus gewaarsku: “Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif” (Lukas 22:31).

Die Woord maak dit duidelik dat dit Satan se hoofdoel is om die geloof van diegene wat Jesus dien te vernietig. Maar baie gelowiges vind dit verbasend dat die Here Satan toestemming gegee het om Petrus te toets.

‘n Geloof Wat Krisis Deurstaan

David Wilkerson (1931-2011)

Ons samelewing is desperaat om in hierdie moeilike dae hoop en vrede te vind. Hulle smag na die waarheid van Jesaja 26:3: “U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.” Hulle sal God se kinders dophou om ‘n getuienis te sien van sy voorsiening en hoe Hy vir sy kinders sorg. Dit is interessant om daarop te let dat die wêreld gelowiges, wat uitdagings beleef, dophou. Hulle verwag dat ons ‘n lied moet sing te midde van ons moeilikste tye. Ons sien voorbeelde hiervan in die Woord van God.

Hoop vir die Hartseer van die Verlede

Gary Wilkerson

Baie mense het herstel nodig na lewenslange hartseer en gebrokenheid. As wonde diep is, probeer sommige mense dit onderdruk, en laat nooit toe dat hulle emosies na die oppervlak kom nie, omdat dit te seer is om in die oë te kyk. Selfs Christene verberg hulle stryd en kruip agter Bybelstudie of diens weg en druk deur ten spyte van hulle lyding.

Om Die Wat Ons Liefhet Aan God Toe te Vertrou

Carter Conlon

In praktiese terme, hoe leer ons om ander lief te hê soos Christus ons liefhet? Johannes skryf: “Die susters het toe na Hom gestuur en gesê: Here, hy vir wie U liefhet, is siek. En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word. En Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad. En toe Hy hoor dat hy siek is, het Hy twee dae vertoef in die plek waar Hy was” (Johannes 11:3-6).

Belas met Ernstige Smart

David Wilkerson (1931-2011)

Niks raak die hart van God meer aan as die siel wat met smart oorweldig is nie. Smart word gedefinieer as “innige droefheid” of “hartseer veroorsaak deur uiterste nood.” Jesaja sê vir ons dat die Here self bekend is met hierdie uiterste skokkende emosie: “Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid” (Jesaja 53:3).