Body

Afrikaans Devotionals

Om God te Ken

Gary Wilkerson

Elke geslag Christene moet hulleself toets om te onderskei of hulle opdrag en dade God verheerlik. Ons moet onsself voortdurend afvra, “Dien ons steeds die Here en ons naaste getrou en met selfopoffering? Of het ons afgedwaal na ‘n ‘seën my’ mentaliteit”?

Vertrou op God se Krag om te Verlos

Carter Conlon

Toe Jesus aan die vader van die duiwelbesete seun gevra het hoe lank hy so was, het die man geantwoord: “Van sy kindsdae af” (Markus 9:21). Met ander woorde, dit was lank. Dit was hierdie lang, deurlopende probleem wat die vader se begeerte om God se hulp te soek, aangewakker het. God sal die moeilike tyd in ons lewens gebruik om ‘n begeerte te skep om Hom te soek en vertroue in sy verlossing te hê.

‘n Geloof Wat Getuig Besit

David Wilkerson (1931-2011)

Hierdie boodskap is vir elke Christen wat op die rand van uitputting en oorweldig is met jou huidige situasie. Jy is ‘n getroue dienaar, het ander gevoed en is vol vertroue dat God die onmoontlike vir sy kinders kan doen. Jy het egter steeds voortslepende twyfel oor God se gewilligheid om in jou huidige stryd in te gryp.

Verlange na Jesus om te Kom

David Wilkerson (1931-2011)

God se kinders het ‘n groot uitstorting van die Heilige Gees nodig, ‘n bonatuurlike aanraking wat selfs groter is as die een by Pinkster. Jesus se volgelinge by Pinkster hoef nie kernwapens te gevrees het nie. Hulle het nie gesidder terwyl die ekonomie op die rand van ineenstorting gewankel het nie.

Dit is duidelik dat ons die Heilige Gees krag nodig het om hierdie laaste dae te trotseer. Trouens, die roepstem wat vandag nodig is, was in Jesaja se dae gehoor: “Ag as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal ... om u Naam aan u teëstanders bekend te maak” (Jesaja 64:1-2).

Wys jou Lewe Geloof in Christus?

David Wilkerson (1931-2011)

Die skrywer van Hebreërs sê vir sy lesers, “Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees” (Hebreërs 5:12). Dit is ernstige, onverskrokke woorde. Met wie praat die skrywer hier? Kortliks, wie vermaan hy? Die boek Hebreërs dui aan hy praat met gelowiges wat goed geskool is in Bybelse waarhede. Met ander woorde, hulle wat hierdie brief lees, het onder kragtige prediking van vele gesalfde bedienaars gesit. Dink aan alles wat hierdie Christene geleer is:

God se Teenwoordigheid in ‘n Donker Uur

David Wilkerson (1931-2011)

“En Hy [God] antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? Toe sê hy [Moses] vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie” (Exodus 33:14-15).

Moses het geweet dat dit God se teenwoordigheid onder hulle was wat hulle onderskei het van alle ander nasies. Dieselfde is waar vir God se kinders vandag. Die enigste ding wat ons onderskei van ongelowiges, is God se teenwoordigheid “met ons,” wat ons lei, rigting gee en sy wil in en deur ons werk. Sy teenwoordigheid dryf alle vrees en verwarring uit.

Heilig Soos Jesus

Gary Wilkerson

“Omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig” (1 Petrus 1:16, 1953). Daar is twee elemente van Jesus se lewe wat bedoel is om ook deel van ons lewens te wees. Dit is, ons is geroep om heilig en gesalf te wees. Sommige Christene mag geïntimideer voel wanneer hulle dit hoor. “Ek lewe ‘n sedelike lewe en ek doen my bes om godvresend te wees – maar heilig? En gesalf? Hoe kan dit wees met al my mislukkings?”

Van Wanhoop tot Bestemming in Jesus

Claude Houde

Jesus sien en weet wat ons kan verwoes. Hy is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste bladsy van ons bestaan. Hy word nooit verstom deur ons foute, ons geheime en ons mislukkings nie. Hy “ontdek” nooit iets oor ons nie – Hy het alle kennis en alle liefde en Hy verloor nooit moed met ons en ons toekoms nie.

Die Vader se Welbehae

David Wilkerson (1931-2011)

“Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen ... laat ons toetree met ’n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid” (Hebreërs 10:19-20,22).

God se Liefde Wankel Nooit Nie

David Wilkerson (1931-2011)

“Weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose ... My hart krimp inmekaar in my binneste ... Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my ... Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!” (Psalm 55:4-7). Dawid praat hier van ‘n sataniese aanval wat so erg was dat dit sy krag en geduld gedreineer het en hom wou laat vlug. Hy het gekerm, “Daar is pyn in my siel, druk wat nooit ophou nie. Dit is ‘n stryd wat nooit eindig nie en dit maak my bang.