Body

Afrikaans Devotionals

God Hoor Ons Stille Roepstem

David Wilkerson (1931-2011)

Van al 150 Psalms, is Psalm 34 my absolute gunsteling. Dit gaan alles oor ons Here se getrouheid om sy kinders uit groot beproewinge en krisisse te verlos. Dawid het gesê, “Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrese gered ... Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit ... Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede ... Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom” (Psalm 34:5,8,18,20).

God se Beloofde Krag vir Jou

David Wilkerson (1931-2011)

Mense kontak dikwels ons bediening en sê: “Ek het niemand om mee te praat nie, niemand om my las mee te deel nie, niemand wat tyd het om my uitroep te hoor nie. Ek het iemand nodig by wie ek my hart kan uitstort.”

Koning Dawid was heeltyd omring deur mense. Hy was getroud en het baie metgeselle aan sy sy gehad. Ons hoor egter dieselfde uitroep van hom: “Na wie toe sal ek gaan?” Dit is in ons aard om ‘n ander mens met ‘n gesig, oë en ore te wil hê om na ons te luister en ons te adviseer.

Om Leiding vir die Lewe te Kry

David Wilkerson (1931-2011)

As die Skrif sê dat die Heilige Gees in ons “woon”, beteken dit dat God se Gees inkom en ons liggame in besit neem en dit sy tempel maak. En omdat die Heilige Gees die verstand en die stem van die Vader ken, spreek Hy God se gedagtes tot ons: “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig” (Johannes 16:13). Die Heilige Gees is die stem van God in en tot ons!

Glo Jy in Wonderwerke?

David Wilkerson (1931-2011)

“Toe het Jesus sy dissipels na Hom geroep en gesê: Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie” (Matthéüs 15:32).

Vry Van Ons Selfsug

Gary Wilkerson

As ons meer sou word soos “wie ons regtig is,” sou ons slegter en vol twis met mekaar word. As dit nie vir die algemene genade van God was nie, sou ons wêreld in duie gestort het.

Jou Unieke Godgegewe Doel

Claude Houde

“Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Hebrews 13:7-8).

Die Probleem aan Jesus Oorgee

David Wilkerson (1931-2011)

“Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat 'n groot menigte na Hom kom, sê Hy vir Filippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet? Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self geweet wat Hy wou doen” (Johannes 6: 5-6). Jesus het Filippus eenkant toe geneem en gesê: “Filippus, hier is duisende mense. Hulle is almal honger. Waar gaan ons genoeg brood koop om vir hulle kos te gee? Wat dink jy moet ons doen?”

Glo dat God Jou Roepstem Hoor

David Wilkerson (1931-2011)

Jy is miskien nou in die middel van ‘n wonderwerk en sien dit eenvoudig nie raak nie. Dit kan wees dat jy op ‘n wonderwerk wag. Jy is moedeloos omdat dit lyk asof dinge stilstaan. Jy sien geen bewyse van God se bonatuurlike werk om jou onthalwe nie.

Hoe Lyk ‘n Volmaakte Hart

David Wilkerson (1931-2011)

Weet jy dat dit moontlik is om met ‘n volmaakte hart voor die Here te leef? As jy na Jesus smag, probeer jy miskien – en wil jy graag – hierdie opdrag van die Here gehoorsaam.

Ek wil jou aanmoedig; dit is moontlik want andersins God sou ons nie so ‘n opdrag gegee het nie. ‘n Volmaakte hart het deel uitgemaak van die geloofslewe vandat God die eerste keer met Abraham gepraat het: “Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees” (Génesis 17: 1).

Progressiewe Wonderwerke

David Wilkerson (1931-2011)

Die Ou Testament is vol van God se wonderwerkende krag, vanaf die opening van die Rooi See, tot God wat met Moses uit die brandende bos praat, tot Elia wat vuur uit die hemel laat kom. Al hierdie dinge was oombliklike wonderwerke. Die betrokkenes kon dit sien gebeur, dit voel en was opgewonde daaroor. En dit is die soort wonderwerke wat ons vandag wil sien en wat ontsag en verwondering veroorsaak. Ons wil hê dat God die hemele moet skeur, ons situasie moet aanspreek en dinge met ‘n uitbarsting van hemelse krag sal regstel.