Moenie met Krummels Tevrede Wees Nie
Die evangelie van Matthéüs vertel ‘n storie wat sommige gelowiges kan ontstel: Die heidense vrou met die duiwelbesete dogter.
Die evangelie van Matthéüs vertel ‘n storie wat sommige gelowiges kan ontstel: Die heidense vrou met die duiwelbesete dogter.
Daar kom ‘n tyd wanneer sekere situasies in die lewe buite menslike hoop is. Daar is geen raad, geen dokter, geen medisyne of enigiets anders wat kan help nie. Die situasie het onmoontlik geword. Dit vereis ‘n wonderwerk, anders sal dit in verwoesting eindig.
Op sulke tye, is die enigste hoop wat oorbly, vir iemand om by Jesus uit te kom. Daardie persoon moet die verantwoordelikheid neem om Jesus aan te gryp en hulle moet vasberade wees: “Ek gaan nie hier weg tot ek van die Here hoor nie. Hy moet vir my sê: ‘Dit is verby. Gaan nou.’”
Baie gelowiges wil nie glo dat hulle swaarkry of lyding sal beleef nie, maar die Skrif se boodskap aan ons is baie anders.
Dit is baie belangrik vir Christene om ons met ons nuwe self te beklee. Dit sal die manier waarop ons ons lewens leef, beïnvloed. Dit sal die manier waarop ons die verlossingskrag van Jesus Christus ontvang, beïnvloed. Dit het ‘n impak op alle aspekte van ons lewens. Om met die nuwe self beklee te wees, is die manier om daardie nuwe lewe wat God ons gee uit te leef.
Dit is van kritiese belang omdat dit toon dat ‘n ware ontmoeting met God plaasgevind het en die verandering van ons harte begin het.
Volgens Paulus, is ons wat glo in Jesus opgewek uit ‘n geestelike dood en saam met Hom in die hemele laat sit. “Ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus...en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus” (Efésiërs 2:5-6, AFR53).
As ek praat van ‘n groot ontwaking, bedoel ek wat Paulus beskryf as ‘n openbaring en verligting: “Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte” (Efésiërs 1:17-19, AFR53).
“Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug” (2 Petrus 1:3, AFR53).
Jarelank het ek daarop aanspraak gemaak om gevul te wees met die Gees. Ek het daarvan getuig dat ek in die Gees gedoop is. Ek het verkondig dat die Heilige Gees my krag gee om te getuig en dat Hy my heilig. Ek bid in die Gees, praat met die Gees, wandel in die Gees en hoor sy stem. Ek glo werklik dat die Heilige Gees die krag van God is.
“Daarin verheug julle jul, al word julle nou – as dit nodig is – ‘n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaar is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus” (1 Petrus 1:6-7, AFR53).
“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel ... Behalwe dit alles, neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus” (Ephesians 6:11,16, AFR53).
Paulus leer ons hier aangaande die stryd waarin ons is en wat ons nodig het om daarin te oorwin, wat ons moet optel of aantrek. Let op, jy kan nie net erken dat daar wapenrusting is nie. Die Skrif sê nie “bestudeer die wapenrusting van God” nie. Daar staan: “Trek die wapenrusting van God aan!”
Ek skryf vandag aan jou oor God wat deure oopmaak. Iemand wat hierdie boodskap lees, sal dadelik hiermee kan identifiseer, omdat jy voor een of meer geslote deure staan. Daar is dit, reg voor jou, ‘n deur wat lyk asof dit heeltyd gesluit bly. Dit kan ‘n ernstige finansiële situasie wees, en jy het gebid vir die deur van ‘n geleentheid om oop te maak. Tog lyk dit asof alles wat jy probeer skynbaar misluk; die deure gaan eenvoudig net nie oop nie.