Body

Afrikaans Devotionals

Verbind aan die Heilige Gees se Leiding

David Wilkerson (1931-2011)

“So was dit altyddeur: die wolk het dit oordek, en snags ‘n gedaante van vuur” (Númeri 9:16).

In Númeri 9 lees ons van ‘n wolk wat neergedaal het en die tabernakel in die woestyn bedek het. Die wolk het God se voortdurende teenwoordigheid by sy volk verteenwoordig, en vir ons vandag, dien die wolk as ‘n tipe van die Heilige Gees se werk in ons lewens. In die nag, het die wolk wat die tabernakel bedek het, ‘n vuurkolom, ‘n warm gloed in ‘n donker plek geword.

Van Sukses tot Dienaarskap

David Wilkerson (1931-2011)

Toe Paulus nog bekend was as Saulus, was hy op pad na Damaskus met ‘n klein leër om Christene gevange te neem, hulle na Jerusalem terug te bring, hulle in die gevangenis te werp en te martel. Maar op pad, het Jesus aan hom verskyn en hy het op die grond neergeval (sien Handelinge 9:3). Bewend en verstom, het hierdie misleide yweraar gevra, “Here, wat wil U hê moet ek doen?” Jesus het hom gelei om na die stad te gaan, waar hy “drie dae lank ... niks gesien nie, en niks geëet of gedrink [het] nie” (9:9).

Jou Grootste Doel

David Wilkerson (1931-2011)

“Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat hulle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee” (Johannes 15:16).

Ek word deur die Skrif oortuig dat daar slegs een kerndoel vir alle gelowiges is. Ons spesifieke roepings word saamgevat in hierdie een doel en elke gawe spruit daaruit. As ons hierdie doel mis, sal al ons begeertes en strewes verniet wees. Die doel is eenvoudig die volgende: ons is almal geroep en uitverkore om vrug te dra.

Glo vir ‘n Oes

David Wilkerson (1931-2011)

“En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur” (Matthéüs 9:36-38).

Vertrou op God se Deernisvolle Liefde

Gary Wilkerson

Almal weet van die Bybelse konsep van ‘n beloofde land; die aankomsplek vir mense wat vryheid, verlossing van verslawing en die blydskap van ‘n geseënde lewe wil hê. Die oorspronklike Beloofde Land was ‘n geskenk wat God aan antieke Israel gegee het – ‘n letterlike plek genaamd Kanaän, ‘n vrugbare land wat uit sy nate gebars het met abnormaal groot vrugte en rivierstrome. Vir die Israeliete, ‘n volk wat vir geslagte lank onderdruk en verban was, was dit ‘n droom.

Vertrou Jou Hart Teer Op Christus?

Jim Cymbala

Terwyl ek een somersdag in my kantoor by my huis gesit het, was die blindings oop en die helder môreson het deur die hortjies geskyn. Ek het met iemand oor die foon gepraat en ek onthou dat ‘n direkte sonstraal, ‘n baie helder ligstraal op my knie gefokus was. Toe die persoon aan die ander kant iets snaaks gesê het, het ek gelag en my knie geslaan. Toe ek my broek tref, het ‘n wolk van iets – miskien stof – opgestyg en die lug gevul. Ek het ‘n nuwe droogskoongemaakte Dockers broek gedra, maar ‘n bataljon mikropartikels het uitgekamp in my broek!

‘n Uur van Ernstige Depressie

David Wilkerson (1931-2011)

Asaf, ‘n Leviet van priesterlike afkoms in Israel, was ‘n sanger wat gedien het as Dawid se koorleier. ‘n Psalmdigter wat regverdige lesse vir God se volk geskryf het, het Psalm 77 geskryf nadat hy in ‘n diep depressie verval het: “My siel weier om getroos te word” (Psalm 77:3).

Neem Jou Twyfel na Jesus toe

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het van Johannes gesê,  “Onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie” (Lukas 7:28). Christus het hierdie godvresende man hoog geag. Hy was die een wat die pad voor die Messias gelyk sou maak ter voorbereiding vir sy koms, “Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis ’n grootpad vir onse God” (Jesaja 40:3).

Die Voorreg van Begenadiging

David Wilkerson (1931-2011)

“Sodat Hy...kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in die goedertierenheid oor ons in Christus Jesus” (Efésiërs 2:7).

God het sy liefdevolle, hartlike goedheid aan ons bewys. Daarom kan ons wakker word en juig, “Halleluja! God, Christus en die Heilige Gees wil naby my wees.”

Elke Christen sal steeds versoekings en swaarkry beleef, maar te midde van ons beproewings, kan ons oorvloedig in danksegging wees as gevolg van sy ewigdurende goedheid aan ons. Paulus sê vir ons dat dit presies die rede is waarom God ons saam met Christus laat sit het.