Body

Afrikaans Devotionals

STERKER IN JESUS

David Wilkerson (1931-2011)

Soos God se kinders voortgaan met hulle daaglikse roetines en vorder in hulle wandel met Jesus, kan hulle skielik getref word deur ‘n storm, golwe van moeilikheid wat van alle kante af op hulle neerstort. In Psalm 107:23-26 lees ons van “die wat na die see toe afdaal in skepe” en heen en weer geskud word deur stormagtige winde. Die matrose in hierdie verhaal was so bang dat hulle amper beswyk het (vers 26).

DIE PRYS VERKRY

Gary Wilkerson

­­In vandag se kultuur is talle Christene verward oor die konsep van wen. Maar heel dikwels weet ons nie eens hoe om te omskryf hoe ‘n wen lyk nie. Herders dink dat om ‘n wenkerk te hê, moet hulle ‘n groter gebou, ‘n verhoogde begroting, ‘n effektiewe aanbiddingspan en ‘n wonderlike kinderbediening hê. Besigheidsmense dink dat om meer werknemers te hê, verhoogde wins te geniet, en aansien te bereik in hulle veld, neerkom op wen. Al hierdie dinge is natuurlik goed, en op ‘n manier, is dit ‘n wen.

GROTER WERKE

Nicky Cruz

Soos ek deur die land toer, praat en evangeliseer, vertel ek dikwels stories wat God se werk in ons bediening illustreer. Stories van verharde kriminele en bendeleiers wat na ons veldtogte kom met die bedoeling om moeilikheid te veroorsaak, maar in plaas daarvan, deur die Heilige Gees oortuig word van sonde en God om vergifnis vra. Ander kere, vertel ek getuienisse van bonatuurlike genesings – beide fisiek en geestelik – wat plaasvind.

‘N OPENBARING VAN JESUS SE WERK

David Wilkerson (1931-2011)

God het vir sy kinders ‘n heerlike rus belowe wat vrede vir die siel insluit. Ongelukkig het baie Christene geen begrip van wat dit beteken om te rus in hulle verlossing nie. Hulle besit nie die vrede wat tot alle Christene se beskikking is in Jesus Christus, die vrede wat hulle deur enige storm kan dra nie.

Jesus het gesê, “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en jule sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig” (Matthéüs 11:28-30).

DIE UITKOMS

David Wilkerson (1931-2011)

“Dat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek” (2 Korinthiërs 1:9). Die apostel Paulus het hierdie woorde geskryf toe hy raadop was. Hy het in wese gesê, “Die Here het my gebring tot aan die einde van enige menslike hulp. Dit was ‘n plek so hopeloos dat slegs die God van opstandingskrag my kon red!”

DIE SOEKE VAN ‘N LIEFDEVOLLE VADER

David Wilkerson (1931-2011)

Nadat Adam en Eva die verbode vrugte in die Tuin van Eden geëet het, het hulle vir God weggekruip toe hulle Hom in die tuin hoor wandel in die koelte van die dag (sien Génesis 3:8). En nadat Dawid met die vrou van een van van sy hoofkrygers gesondig het en toe gereël het dat die man in die oorlog gedood word, sodat hy met dieselfde vrou kon trou, sien ons Dawid in homself gekeer geraak het. Hy het geweier om oorlog toe te gaan en in plaas daarvan, in die paleis weggekruip. Hy het sy veglus verloor en was bang om God in die oë te kyk met onbelyde sonde.

DIE MISSIE VAN JESUS

Gary Wilkerson

Die bekende skrifgedeelte wat Jesus se doel op aarde beskryf, vind ons in Lukas 4:18-19: “Die Gees van die Here is op my, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.”

JY KAN BEGIN LEWE

Carter Conlon

Oud word in die wêreld is vreesaanjaend, maar in die Liggaam van Christus, word krag aan ouderdom gegee – ‘n krag groter as profetering en die sien van visioene. Aan die einde van die lewe, is die mense wat jy liefhet, diegene die naaste aan jou, en diegene wat God onder jou sorg geplaas het, die belangrikste.

HELDER BESLUITE

David Wilkerson (1931-2011)

“As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galasiërs 5:25). Baie van ons hoor hierdie uitdrukking, “wandel deur die Gees,”ons hele lewe lank, maar wat beteken dit? Ek glo dit beteken ontsaglike, duidelike leiding en helder besluite. Die Heilige Gees verleen absolute, duidelik gedetailleerde instruksies vir hulle wat deur Hom wandel.