Body

Afrikaans Devotionals

HOU JOU HART OOP

Gary Wilkerson

“Die lankmoedige is beter as ‘n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat ‘n stad inneem” (Spreuke 16:32).

Is dit nie interessant nie? Ons wil ons lewens vir die Evangelie gee en na die sendingveld gaan, maar as ons nie volwasse word en groei en ons eie hart en siel voed nie, dan sal om ‘n stad in te neem eenvoudig net dit wees – ‘n stad inneem. En daar sal ‘n stad vol ellendige, gefrustreerde, moedelose, depressiewe mense wees.

HOE KAN ONS STILBLY?

Jim Cymbala

God het my gered deur ingang te vind by my hart. Soos my geloof en toewyding aan Hom begin groei het, het Hy kennis en insig aan my begin meedeel, ‘n begrip van sy weë, ‘n begeerte om te studeer en te leer en selfs nog dieper in sy wysheid te groei. Dit is ‘n proses van raadgee en volwasse word, een wat sal voortgaan tot die dag wat ek sterf, maar dit begin met ‘n aanraking van my emosies, nie my intellek nie.

JOU HARTSGEBROKE UITROEP

David Wilkerson (1931-2011)

Glo jy dat God bereid is om jou probleem gou op te los? Dit is wat baie Christene nie besef nie. Hulle weet God het alles wat hulle nodig het en hulle erken dat Hy omgee. Maar as Hy hulle geroep nie dadelik verhoor nie, dink hulle aan allerhande redes waarom Hy nie gewillig is om hulle te hulp te kom nie.

“JULLE KEN MY”

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here vra vir ons, “Glo jy werklik Ek sien presies waardeur jy tans gaan?”

Terwyl jy hierdie boodskap lees, gaan jy miskien deur iets waarin jy nodig het dat Hy namens jou optree. Die aard van jou probleem vereis ‘n antwoord.

Glo jy dat God graag al jou bewegings dophou, net soos ‘n pa sy kindjie dophou? Glo jy dat Hy aan die werk is as jou liefdevolle, sorgsame Vader – wat elke traan opvang, elke sug hoor en oor jou waak?

GENADE GENOEG VIR JOU

David Wilkerson (1931-2011)

Die Skrif sê van Moses se tyd: “En veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie . . . en hulle het . . . weelderig gelewe deur u grote goedheid” (Nehemia 9:21,25).

Ek vra jou, verheug jy jou in die Here se goedheid teenoor jou? Miskien is jy meer geneig om in jou hart te fluister, “God was nie goed vir my nie. So baie dinge in my lewe is nie afgehandel nie. My gebede word nie verhoor nie.”

GEEN GEBREK BY DIE HERE NIE

David Wilkerson (1931-2011)

Enige gelowige wat God graag in sy gebedslewe wil behaag, moet eers die volgende vraag uitklaar: “Het God alles wat ek nodig het of moet ek elders vir ‘n antwoord te gaan soek?”

Dit blyk ‘n eenvoudige vraag te wees – miskien een wat nie eers hoef gevra te word nie. Die meeste Christene sal antwoord, “Ja, natuurlik glo ek God het alles wat ek nodig het.” Maar in werklikheid is baie van ons nie oortuig nie! Ons sê ons glo dit, maar dan duik ‘n krisis op en dit lyk of God nie verhoor nie. Tydens sulke tye glo ons dikwels nie dat Hy het wat ons nodig het nie.

‘N OORVLOEDIGE LEWE

Gary Wilkerson

“’n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar ‘n betroubare boodskapper is ‘n gerusstelling [genesing]” (Spreuke 13:17).

‘n Betroubare boodskapper bring wat? ‘n Getroue boodskapper bring genesing!

Hoe bring iemand genesing? Bring ‘n ongesonde mens genesing? Bring ‘n gekrenkte hart of iemand wat nie met sy eie hart se toestand gedeel het nie genesing vir ander? Wat van iemand wat sukkel met emosies wat buite beheer is? Bring daardie soort sendeling ‘n gesonde evangelie in ‘n vreemde land? Na ‘n stad soos die een waarin jy woon?     

SONDER KRAG

Nicky Cruz

Ek hou daarvan om na die geboue van Manhattan te kyk, veral in die nag wanneer al die ligte aan is. Dit is ‘n wonderlike gesig om al daardie geboue vol te sien met mense, aktiwiteite, en idee’s aan die werk, en om te weet dat dit wat daar te voorskyn kom, nie net New York Stad sal beïnvloed nie, maar die hele wêreld. Ten spyte van hoe invloedryk New York Stad en sy mense kan wees, as jy egter die elektriese krag sou verwyder – wat soms gebeur tydens ‘n kragonderbreking – word alles stopgesit. Die geboue word nutteloos, die aktiwiteit stop, en die idee’s sterf in die donker.

‘N WATERDIGTE BELOFTE

David Wilkerson (1931-2011)

Terwyl ons in geloof op God wag om op te tree, moet ons vertrou dat Hy die uitroep van ons hart hoor: “Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld, die profete wat in die Naam van die Here gespreek het...dat die Here vol medelye en ontferming is” (Jakobus 5:10-11). God het innige medelye met ons trane en gesug. Hy hoor my geween.

Jesus het vir ons ‘n waterdigte belofte vir hierdie laaste dae gegee.

GOD SE MANIER

David Wilkerson (1931-2011)

Moeilike omstandighede en knellende toestande kan verwarring bring. Tydens sulke tye, begin ons ongeduldig redeneer: “God het dalk nie bedoel wat Hy vir my gesê het nie. Of miskien is die probleem my onvermoë om sy stem te hoor. Miskien het ek Hom in die eerste plek verkeerd gehoor. Al wat ek weet, is dat dit wat Hy vir my gesê het en wat ek sien gebeur, nie ooreenstem nie.”