Body

Afrikaans Devotionals

​DIE BRANDENDE BOS

David Wilkerson (1931-2011)

Moses was alleen op die berg Horeb waar hy sy skoonpa se skape opgepas het, toe hierdie vreemde verskynsel sy aandag getrek het – ‘n bos was aan die brand. Terwyl hy nader gestap het om beter te kan sien, het God hom vanuit die bos geroep.

“En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. Toe die Here sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos” (Exodus 3:3-4).

DIE PAD NA HEILIGHEID

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus Christus, ons Verlosser staan alleen in volmaakte heiligheid. Omdat Jesus alleen heilig en volmaak is, sal God geen ander persoon erken nie. Daarom, as ons ooit deur die hemelse Vader aanvaar wil word, moet ons in Christus wees, alleen deur die genade van Christus en nie op ons eie meriete nie.

SONDER JESUS SE LIEFDE

Gary Wilkerson

Godsdienstige mense is geneig om te fokus op die duisternis eerder as die lig. Ek hoor vandag so baie Christene hulle bitter woorde uiter: “Die kultuur is te blameer,” of “Die regering is verkeerd,” of “Daardie spesiale belangegroep is ‘n negatiewe invloed.” As jy wandel soos Jesus, sal jy nie die duisternis vervloek nie, omdat jy gefokus is op die lig wat jy bring. Laat my dit illustreer.

GOD SE REDE HOEKOM HY SY KRAG TENTOONSTEL

Nicky Cruz

In die derde hoofstuk van Handelinge, nadat Petrus en Johannes ‘n kreupel bedelaar by die hek wat na die tempel toe lei, genees het, was ‘n aantal omstanders verstom oor die gebeurtenis. Hulle het hierdie man al jarelank geken en die genesing kon nie ontken word nie. Toe die mense die dissipels daaroor vra het Petrus vir hulle gesê, “Israeliete, hoekom is julle hieroor verbaas? Wat staar julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of vroomheid gemaak het dat hierdie man loop?

DIE VRUG VAN DIE VADER SE LIEFDE

David Wilkerson (1931-2011)

Die liefde van God word net aan ons oorgedra deur Jesus Christus. Volgens Johannes, is al God se liefde in Jesus. Hy skryf: “Uit sy volheid het ons almal ontvang” (Johannes 1:16). Jy mag vra, “Waarom is dit so belangrik om te weet dat God se liefde net deur Christus aan ons oorgedra word? Hoe raak dit ons alledaagse lewens?”

BLY IN GOD

David Wilkerson (1931-2011)

Wanneer sal God ophou om jou lief te hê? Hy sal slegs ophou wanneer Hy ophou om sy eie Seun lief te hê, wat onmoontlik is! Christus sê: “Die Vader . . . omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe” (Johannes 13:1). Dit help dat ons beter kan verstaan wat Judas bedoel het toe hy beveel het, “Bewaar julleself in die liefde van God” (Judas vers 21). Hy sê vir ons, “Bewaar hierdie waarheid. Gryp dit vas, en moenie dit ooit laat los nie. Die kennis van God se liefde is vir jou vertroosting en krag bedoel. Dit sal jou vrymaak en jou vry hou”.

GEEN EINDE AAN SY LIEFDE NIE

David Wilkerson (1931-2011)

Volgens Jesus, is Christus en sy Kerk een in die Vader se oë. Paulus illustreer dit met die gelykvormigheid aan ‘n menslike liggaam. Hy sê Christus is die hoof en ons is sy liggaam – been van sy been en vlees van sy vlees: “[God] het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul” (Efésiërs 1:22-23). “Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene” (Efésiërs 5:30).

ABBA VADER

Gary Wilkerson

Jesaja 6 bevat ‘n beroemde glorieryke gedeelte oor Jesus: “Ek [het] die Here sien sit op ‘n hoë en verhewe troon, terwyl sy soom die tempel gevul het” (Jesaja 6:1). Toe ek grootgeword het, het ek hierdie beeld van die Here in my gedagtes gehad – dat Hy ver weg op ‘n plek was, verwyderd van my, ‘n entiteit wat ek moes aanspreek in die taal van die Kings James Bybel, as “Thee” en “Thou.”

DIE BOODSKAP ALLEEN IS NIE GENOEG NIE

Jim Cymbala

Die dissipels was gretig om te begin evangeliseer, maar Jesus het hulle opdrag gegee om “in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte” (Lukas 24:49). Jesus het beter geweet as die dissipels dat die toerusting nodig vir die werk, meer was as skerpsinnige intellek, menslike talent en selfs ‘n opregte hart. Daarom het hulle Jesus gehoorsaam en gewag in die bovertrek, terwyl hulle bid, sing en God prys.