Body

Afrikaans Devotionals

MOENIE AGTELOSIG WEES IN GEBED NIE

David Wilkerson (1931-2011)

Daar is verskriklike gevolge om na te laat om te bid. Die Woord sê, “Hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam?” (Hebreërs 2:3).

Ek weet hoe dit is as die fontein van lewende water toegedraai is by die bron, sodat elke seëning in my lewe opdroog. Dit het met my gebeur gedurende my tye van agtelosigheid met gebed. Gedurende daardie tye, het ek stiltetye gehad, maar geen doeltreffende vurigheid in my gebed nie. Ek het toegelaat dat die sorge van die lewe my beroof van my tyd met die Here.

DIE HERE SE BEHAE

David Wilkerson (1931-2011)

Toe die dissipels vir Jesus gevra het, “Here, leer ons bid” (Lukas 11:1), was dit omdat hulle werklik wou leer bid op ‘n manier wat Hom behaag. Net so, sal talle Christene vandag baie graag getrou in gebed wil wees – maar hulle weet nie hoe nie. Aangesien hulle eenvoudig nie die lewensbelangrike doel van gebed verstaan nie, kan hulle nie ‘n betekenisvolle gebedslewe handhaaf nie.

DIE ROEPING OM TE GEE

Gary Wilkerson

In drie jaar van bediening, het Jesus die siekes gesond gemaak; die sig van blindes herstel; die dooies opgewek; groot menigtes wonderbaarlik gevoed; die goeie nuus aan die armes verkondig; en die massas die waarheid oor hulle hemelse Vader geleer. Hierdie verstommende lys van prestasies het voortgespruit uit die Seun se gehoorsaamheid aan die Vader se wil.

DIE SONDE VAN ONGELOOF

David Wilkerson (1931-2011)

Ongeloof bedroef die hart van God meer as enige ander sonde. Ons Christene maak beswaar teen die sondes van die vlees, maar God is begaan oor die sondes van die hart – in sy Woord twyfel, of sy getrouheid bevraagteken. Die ware kwessies van die lewe en die dood het meer te doen met hoe ‘n mens dink as wat hy doen.

VEILIG IN ELKE SITUASIE

David Wilkerson (1931-2011)

“Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie; wan die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik” (Spreuke 3:25-26).

Vandag vra baie mense vrae wat geen defnitiewe antwoord het nie. Sal daar binnekort ‘n depressie wees? Staar ons ‘n groot ekonomiese storm in die gesig waaroor talle bedienaars en ekonome teen waarsku?

DAT EK GOD MAG KEN

David Wilkerson (1931-2011)

God het vir Moses ‘n skrikwekkende aanwysing gegee: “Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met ‘n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: en Ek sal ‘n engel voor jou uit stuur . . . want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy ‘n hardnekkige volk is” (Exodus 33:1-3).

CHRISTUS KOM!

David Wilkerson (1931-2011)

Die profeet Daniël het ‘n laaste-dae geselskap vooruitgesien wat die wysheid en onderskeiding in die dinge van God besit – ‘n gereinigde, beproefde oorblyfsel wat sy Woord sou verstaan, “Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan” (Daniël 12:10).

​WANNEER GOD STIL IS

Carter Conlon

As ons na sy reis kyk, sien ons Koning Dawid het werklikwaar sterk begin. Die Heilige Gees het oor hom gekom en veroorsaak dat hy ‘n leeu en ‘n beer, en uiteindelik ‘n Filistynse reus verslaan het. Dit lyk asof daar geen perke was aan wat God deur sy lewe sou doen nie, tot en met die oomblik waarop daar stilte gekom het. Skielik het God nie meer gepraat soos altyd nie, en Dawid het sy vertroue begin verloor.