VERKLAAR MET VERTROUE

Gary Wilkerson

In ‘n onlangse dagstukkie, het ek geskryf oor die krag van smeekgebede. Vandag wil ek praat oor iets selfs kragtiger. As jy smeek, roep jy uit en vra God vir guns, vir krag, vir deurbrake. As daardie smeking sy pad na jou hart en verstand gewerk het, het dit sy pad na jou geloof gewerk; jy sal uit smeking uitkom en oorgaan na proklamasie.  

Jy sal deurbrake proklameer – en verklaar wat God in Sy Woord gesê het, “So sê die Here.” 

ONUITSPREEKLIKE EN HEERLIKE BLYDSKAP

Jim Cymbala

‘n Sekere vrou in ons kerk is bekend vir haar sonnige, blye geaardheid. Verskeie jare gelede het sy in my kantoor ingekom en sekere verwoestende nuus aan my meegedeel. Terwyl sy gepraat het, was sy wonderbaarlik kalm en die lieflikheid in haar gees het my heetemal onkant gevang. Toe ons klaar was met ons gesprek, het sy my opreg gevra, “Mag ek vir jou bid?”

Hierdie dierbare gelowige het begin om vir my verpletterende nuus te vertel en toe afgesluit deur vir my te bid? Ek was verwonderd oor haar blydskap ten spyte van baie pynlik omstandighede in haar lewe.

JESUS IS NOOIT LAAT NIE

David Wilkerson

Goddelike geduld is ‘n gewilligheid om op God se tydsberekening te wag. Daar is iets soos Heilige Gees tydsberekening. “Nog net ‘n kort, kort tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie talm nie” (Hebreërs 10:37). Hierdie vers praat van meer as net Christus se Wederkoms; dit gaan ook oor Christus wat kom om jou behoefte te vervul.

SY BELOFTE IS NET VOOR DIE DEUR

David Wilkerson

“Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het” (Hebreërs 10:36).

Die skrywer van Hebreërs het ‘n vermoeienis en ongeduld wat by hierdie gelowiges ingesluip het, bespeur. Hy wou hierdie vermoeienis aanspreek, deur Satan se mees effektiewe wapen teen diegene, wat moeg word om goed te doen te identifiseer: ongeduld met God.

VERTROUE IN JESUS

David Wilkerson

Die vyand kom soos ‘n bruisende stroom teen gelowiges wat geen deel het aan duisternis nie. Satan kan dit laat lyk of alles in hulle lewens in duie stort: hulle gebede lyk of dit verhinder word en die hemel soos koper is, terwyl hulle van alle kante af verdrukking ly. In sulke tye, kan hulle harte veroordelend fluister: “Jy het te min geloof. As jy net meer regverdig was in jou geloof – as jy net nader aan Jesus was, as jou gedagtes nie so goddeloos was nie – dan sou geen van hierdie dinge met jou gebeur het nie. Jy sou in beheer van alles gewees het, net soos hulle wat jy rondom jou sien.

WORD “VOLHARDERS”

David Wilkerson

Waarom lyk dit of sommige mense moeiteloos deur die lewe gaan? Ek ken mense wat lyk of hulle nooit ly nie. Alles wat hulle aanraak, is voorspoedig en hulle lyk altyd gelukkig, asof hulle nie ‘n probleem in die wêreld het nie.

DIE SMEEKGEBED

Gary Wilkerson

In Jesaja 37 lees ons die storie van ‘n koning genaamd Hiskia.

Hiskia was ‘n goeie koning. Hy het die weë van die Here gevolg, sê die Bybel, en God het hom geëer en geseën. Maar hy het homself in ‘n moeilike situasie laat beland. Hy het homself in ‘n netelige posisie bevind met die Koning van Assirië, wat Jerusalem omsingel het, sodat geen voedsel kon binnekom nie.

Te midde daarvan, het die Koning van Assirië in Jesaja 37:10 in ‘n brief aan Hiskia gesê:

DIE HEILIGE GEES SE AANSPORINGS

Carter Conlon

Jare gelede het die Here dit op my hart gelê om ‘n Bybelstudiegroep in ‘n klein plattelandse kerk in ‘n baie klein dorpie genaamd Pendleton te begin. Dit was ‘n gedeelte van Kanada waarin daar geen Christelike getuienis was in ongeveer 100 vierkante kilometer waarvan ons bewus was nie.

Ek het na die Kerkraad gegaan en hulle vertel wie ek is en die rede hoekom ek hulle kerk wou huur. Hulle het ons op die ou end toegelaat om die gebou kosteloos te gebruik en het selfs ‘n opsigter verskaf wat die verwarmers aangeskakel het en die sneeu verwyder het in die winter.

HY SAL ONS NOOIT VERLAAT NIE

David Wilkerson

“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel” (Efésiërs 6:11).

Gelowiges in oorloggeteisterde Irak sê vir ons, “Moeilike tye is nie aan die kom nie – vir ons is moelike tye reeds jarelank hier.” Hulle ken swaarkry al vir geslagte lank en hulle het geleer om aan hulle geloof vas te hou. Omdat hulle die volle wapenrusting van God opgeneem het, is hulle toegerus om boosheid te weerstaan en om die evangelie te verkondig aan diegene rondom hulle.  

GOD IS GETROU AAN SY KINDERS

David Wilkerson

Ons moet ten volle bewus wees van die vyand se liste en metodes. Die kragtigste wapen in Satan se arsenaal is ‘n verskriklike leuen – van die meesterleuenaar! Wat is sy grootste leuen? Dat God nie getrou is aan Sy kinders nie.

Net soos hy dwarsdeur die geskiedenis gedoen het, wil Satan ons huise, ons huwelike, ons kinders, ons gesondheid, ons werke en loopbane, ons geloof in die Here aanval. Jesus het vir Petrus gesê, “Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif” (Lukas 22:31).