Body

Afrikaans Devotionals

DIE BRON VAN ONS KRAG

David Wilkerson

Die skrywer van Hebreërs prys die getuienis van daardie gelowiges wat deur getroue gebed versterk was: “Maar...julle...het...’n groot lydensworsteling deurstaan...omdat julle deur smaad en verdrukkinge ‘n skouspel geword het...en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar” (Hebreërs 10:32-34).

STANDVASTIG STAAN

David Wilkerson

Paulus het getuig: “In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie! Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee...En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid!” (2 Timótheüs 4:16-18, kursief myne).

DIE GENADIGE ARMS VAN CHRISTUS

David Wilkerson

“Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil” (2 Korinthiërs 6:2, my beklemtoning).

Hierdie boodskap is bedoel vir almal wat afvallig geword het of van die Here af weggedwaal het. Volgens die apostel Paulus, wat die vers hierbo geskryf het, “is vandag die dag van barmhartigheid en genade.” Met ander woorde, as jy ooit beplan om te glo, is dit nóú die tyd

SY HEERLIKHEID AANSKOU

Gary Wilkerson

“Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U my gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U my liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld” (Johannes 17:24, my beklemtoning). Jesus het dit vir sy dissipels gebid – en dit sluit ons in. Hy het die Vader gevra dat ons sy heerlikheid mag sien, wat beteken om Hom te ken.

BRING DIE KONING TERUG!

Carter Conlon

En die hele volk onder al die stamme van Israel het onder mekaar getwis en gesê: Die koning het ons verlos uit die hand van ons vyande, en hý het ons gered uit die hand van die Filistyne, en nou moes hy die land uit vlug vir Absalom; en Absalom wat ons oor ons gesalf het, het in die geveg gesneuwel: waarom is julle nou nalatig om die koning terug te bring? Toe het koning Dawid gestuur na Sadok en Ábjatar, die priesters, om te sê: Spreek met die oudstes van Juda en vra: Waarom sou julle die laastes wees om die koning terug te bring na sy huis?

WELGEVALLIG VIR DIE HERE

David Wilkerson

Jy mag dalk vir my sê, “Ek dink ek is goed voorbereid vir enige storm. Buitendien, ek is ‘n getroue getuie vir die Here. Ek skaam my nie vir die evangelie nie en ek leef ‘n rein, morele lewe. Ek gee tiendes, lees my Bybel en ek woon gereeld kerk by.”

IN STAAT OM STAANDE TE BLY IN DIE STORM

David Wilkerson

Die duiwel het ‘n groot vrees vir die Here se teenwoordigheid in ons lewens. Hy sidder aan die gedagte van ‘n gelowige se nabyheid aan Jesus. So, wanneer sy duiwelse hordes jou sien gebede uitspreek en nader tot in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader, dan neem die hel kennis daarvan: “Die Here is met hierdie gelowige. Hy het die goddelike teenwoordigheid verkry. Wat kan ons nou teen Hom doen?”

Satan sal enigiets in sy vermoë doen om jou te beroof van die Here se teenwoordigheid. Dit is waarom hy soveel keer probeer om jou siel besig te hou met bekommernisse oor die toekoms.

DIE SKUILPLEK VAN SY AANGESIG

David Wilkerson

Wanneer die wêreld lyk of dit in beroering gebring word, sal daar ‘n volk opstaan wat weet hoe om hulle krag te midde van dit alles te behou. Hulle is mense, wat tot die Here nader in krisistye.

Volgens die Skrif, maak dit nie vir hierdie mense saak of die maan en sterre uit die hemel val nie, of as die berge bewe en in die see val nie. Hulle sal steeds geloof in die Here behou om hulle te red en hulle sal nie toelaat dat hulle geloof geskud word deur enigiets wat kom nie.

​‘N GERUSSTELLENDE WOORD

David Wilkerson

Wanneer ek persoonlik ‘n mate van hoop nodig het, wil ek praat met iemand wat ek ken, iemand wat ervaring het van voortgesette verdukking en pyn. Ek wil nie iemand hê wat aan my leë, afgesaagde uitdrukkings sal bied, soos, “Byt net vas,” of “Vertrou God net” nie. My lydende siel kan nie bearbei of aangeraak word deur woorde van blote menslike simpatie nie.

“MAAK MY PAD REGUIT”

Gary Wilkerson

Moenie na vals leraars luister wat jou laat glo God kan gebruik word soos ‘n djin om jou wense te vervul nie. Moet nooit ooit ‘n dollar in die kerkoffergawe plaas met die hoop om meer terug te kry nie. God is bedroef oor daardie soort vals lering en deur die gemeentelede wat dit omhels. Ons gebed kan nie wees, “Here, seën my” nie, maar “Here, bring my in lyn. Maak my hart opreg. Maak my pad reguit. Dan kan geen leeu my verslind nie. En ek sal U gesag hê om die werk van U koninkryk te verrig.”