“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het” (Galásiërs 2:20).
Jesaja het geprofeteer, “Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóu sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word. En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang” (Jesaja 60:2–3).
Hierdie profesie praat van die laaste dae, ‘n tyd wat begin het toe lig – Jesus Christus die Here – die groot duisternis binnegekom het. Jesaja het gepraat van ‘n groot, wydverspreide uitstraling van die heerlikheid van Christus in die duisternis in. Menigtes dwarsdeur die hele Heidense wêreld sou in Sy lig inkom.
In Tweede Kronieke 20 lees ons dat Koning Jósafat ‘n angswekkende boodskap ontvang het: “Daar kom ‘n groot menigte teen u van anderkant die see, van Edom af. . . .(toe) het Jósafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die HERE te soek, en hy het oor die hele Juda ‘n vasdag uitgeroep” (2 Kronieke 20:2-3).
Angsbevange het Koning Jósafat ‘n biduur byeengeroep: “En Juda het byeengekom om van die HERE hulp te soek” (20:4). Toe die volk bymekaargekom het om God te soek, het Jósafat gebid, “Onse God. . . ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë us op U!” (20:12)
Toe Jesus die water in wyn verander het in Kana (Johannes 2), het Hy eintlik vir Sy dissipels – en vir Sy Kerk wat sou kom – ‘n geïllustreerde preek gegee. Ons Here het nooit iets gedoen of enige woord gespreek wat nie ewige betekenis gehad het nie. Alles wat die Skrif oor Hom sê, dui op die onveranderlike natuur en werkinge van God.
In Johannes 2, was Jesus en Sy dissipels uitgenooi na ‘n bruilofsmaal in Kana.
“En op die derde dag was daar ‘n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar. En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi. En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie. Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie” (Johannes 2:1-4).
Vandag is ek steeds ‘n gebroke klein seuntjie van binne en God is steeds my Vader. Oral waar ek gaan, soek ek Hom om langs my te loop, my hand vas te hou, my te lei. Wanneer ek struikel en val, reik Hy af en tel my op. Hy stof my klere af, soen die seerplek en stap dan verder saam met my die pad af.
Jarelank was mense daaraan gewoond om my te hoor preek oor bekering en heiligheid. Hulle het my egter begin bevraagteken toe my boodskappe meer begin fokus het op barmhartigheid, versoening en hoop. Daar is ‘n eenvoudige verduideliking hiervoor.
Die Gees het dit vir my duidelik gemaak dat al my gebede heeltemal nutteloos is tensy ek in geloof bid. Ek kan ween, vas, voorspraak doen, worstel en in barensnood wees tydens gebed, maar steeds glad geen impak maak by die Here nie – tensy ek dit alles doen met eenvoudige, kinderlike geloof.
Die Woord sê, “Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie” (James 1:7).