Body

Afrikaans Devotionals

GOD SE ONTSAGLIKE AANBOD VAN BARMHARTIGHED

David Wilkerson

Daar word so baie gepraat oor die verskriklike situasie waarin die wêreld is. Die een nasie na die ander kom in die moeilikheid en is op die rand van ‘n ekonomiese ineenstorting. Tog, te midde van al die vrese en onrus, het God steeds verlore siele lief en red hulle.

Sy wonderlike werk van verlossing verander nooit nie – dit word nie deur die ekonomie beïnvloed nie. Die Heilige Gees se bearbeiding en oortuiging van sonde word nie verhinder deur toestande in Wall Street of kwynende globale finansies nie. God se reddende mag was nog nooit beperk deur krimpende bankrekeninge nie.

DIE ROTS WAS CHRISTUS

Gary Wilkerson

Toe die kinders van Israel in die woestyn was, was hulle geteister deur dors en het met Moses begin argumenteer. “Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom? Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my. En die HERE het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.

WAT IS DIE PROBLEEM?

Jim Cymbala

Die groot versoeking in die Christendom vandag, is om ons boodskap so verteerbaar te maak vir die massas, dat ons die element van vuur verloor. Toe  “antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie – Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur” (Luke 3:16).

Ons skep dienste vol van lekkers en donse. Maar dit sal nie die koninkryk uitbrei en Jesus verheerlik laat word nie. Mense kan hulle nie tot God bekeer sonder die vurige werk van die Heilige Gees nie.

Sy Bonatuurlike Vuur

David Wilkerson

Jesaja het uitgeroep, “Here, U is ons Vader en ons is almal U kinders! Openbaar Uself en raak ons weereens aan” (sien Jesaja 64:8-9).

Eeue later, is dieselfde roepstem gehoor onder ‘n ander oorblyfsel – die 120 gelowiges wat in ‘n gehuurde kamer in Jerusalem bymekaargekom het. Dit was ‘n tyd baie soos Jesaja s’n – ‘n tydperk van groot godsdienstige waarneming met menigtes wat van oral af na die tempel in Jerusalem gestroom het. Daar was groot vertoon en die sinagoges het met godsdienstige mense gewemel. Die mense het egter belangeloos bloot die rituele nagevolg.

Verkry Krag

David Wilkerson

In ‘n tyd wanneer groot oordele die nasies rondom hulle getref het, het Jesaja getuig dat hy ‘n dubbele deel van vrede gehad het.

Dieselfde wonderlike uitgangspunt wat Jesaja in moeilike tye gehad het, is vandag ook vir ons beskikbaar. Die belofte van rus is vir “almal wie se gedagtes op Hom gerig is” (sien Jesaja 26:3).

Hoewel Jesaja oorweldig was deur dit wat hy in sy wêreld sien gebeur het, openbaar die Skrif dat hy groot vrede geniet het. Daar was twee redes daarvoor:

Dié Wat Vertrou

David Wilkerson

Die apostel Paulus beskryf ons tye wanneer hy skryf, “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom... Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word” (2 Timóthéus 3:1,13). Dink aan die groot verbandmaatskappye wat die armes, die ongeskooldes en werkloses verlei en mislei. Hierdie niksvermoedende mense was gelok om vir verbande te teken wat hulle nooit sou kon terugbetaal nie en toe betaaldag gekom het, was hulle sonder huise gelaat.

Luister na God

Gary Wilkerson

Ons is nie ons eie nie, maar Syne! Dit het begin toe ons ‘n nuwe skepsel geword het in Christus en nie meer vir onsself begin leef het nie. Ons getuienis het geword, “Ek was verlore, maar nou is ek gevind. Ek onderwerp my lewe voortdurend aan Hom.”

LAAT NIKS JOU TERUGHOU NIE

Carter Conlon

Wanneer jy besluit om saam met God te wandel, dan moet alles wat eens mag gehad het om jou terug te hou, jou laat gaan. Dis goeie nuus! “Toe sê Laban en Betuel vir hom: ‘Hierdie plan kom van die Here. Ons kan nie vir jou ja of nee sê nie. Hier is Rebekka voor jou. Neem haar en gaan terug, sodat sy die vrou van jou eienaar se seun kan word. Dit is wat die Here gesê het.’” (Genesis 24:50-51).

LEEF OP DIE BELOFTES

David Wilkerson

“En julle moet alles onthou wat julle God die Here met julle laat gebeur het toe julle 40 jaar in die woestyn was. … Hy het julle verneder en honger laat word en toe het Hy vir julle die manna gegee om te eet. Julle en julle voorvaders het voorheen nie manna geken nie. Die Here wou hê dat julle moet verstaan dat ’n mens nie net van brood kan lewe nie, ’n mens lewe van elke woord wat uit die mond van die Here kom” (Deuteronómium 8:2-3).

Ek herhaal hierdie woorde reg deur die dag: “Ek lewe deur elke woord wat uit die mond van God kom.”