Body

Afrikaans Devotionals

TEN VOLLE OORTUIG VAN GOD SE LIEFDE

David Wilkerson

“Want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pant te bewaar tot dié dag toe” (2 Timótheüs 1:12, my kursief). Dit is die woorde van ‘n sterwende man. Die apostel Paulus het sy leerling, die jong leraar-in-opleiding, Timótheüs, aangespreek. Later, in dieselfde brief, het Paulus aan Timótheüs hierdie gewigtige woorde toevertrou: “Want ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby. Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou” (2 Timótheüs 4:6-7).

VERTERENDE VUUR

Jim Cymbala

Jesus het nooit iemand met water gedoop nie. Waarom nie? Omdat die doop waarmee Hy sou doop, die doop van die Heilige Gees en vuur sou wees (sien Lukas 3:16). Moenie jou misgis met daardie woorde en dink dit dui op twee dope, een met die Heilige Gees en die ander met vuur, nie. Inteendeel, Lukas het beeldspraak gebruik – vuur as ‘n simbool verteenwoordigend van die Heilige Gees – om een doop te beskryf. Jesus het gedoop met die verterende vuur van die Heilige Gees.

‘N BAKEN VAN HOOP

David Wilkerson

Ons geloof in moeilike tye verskaf vir ons ‘n “goeie getuienis.”

“[Deur hulle geloof] het die mense van die ou tyd [goeie] getuienis ontvang” (Hebreërs 11:2). Die Griekse woord hier vir “getuienis ontvang” beteken “om te getuig.” Ons voorouers in die Here het ‘n standvastige, geankerde geloof gehad. En hulle onwrikbare geloof het vir die wêreld ‘n getuienis van God se getrouheid te midde van moeilike tye geword.

ONS GROOT BESKERMING

David Wilkerson

Wanneer jy te midde van die stryd is, sal Satan vurige beskuldigings teen jou stuur. Hy sal jou herinner aan al jou vorige sondes, elke duister oomblik en elke dwase ding wat jy ooit gedoen het. Dit is geen wonder dat Paulus sulke beskuldigings “vurige pyle” noem nie (sien Efésiërs 6:16). Die vertaling is “vlammende woede.” Baie heiliges ken die pyn van gemene en kwetsende woorde wat na hulle toe kom vanaf diegene rondom hulle. Sulke ondeurdagte beskuldigings is waarlik vurige pyle van vlammende woede.

VURIGE PYLE UIT DIE HEL

David Wilkerson

Paulus gee raad, “Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus” (Efésiërs 6:16). Paulus brei uit oor hoe ons die stryd moet voer teen die vyand, wat teisterende gedagtes van vrees stuur.

“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efésiërs 6:11-12).

GOD SE PLEK VAN KALMTE

David Wilkerson

Wanneer jy in benoudheid is – wanneer jy oorweldig voel deur vrees, moedeloos is as gevolg van teenspoed en onsteld is van bekommernis oor jou toekoms – sê God dat daar ‘n geheime skuilplek is. Dit is ‘n plek van troos waar ons kalmte vir ons siele kan vind.

Waar is hierdie geheime skuilplek? Dit is ‘n kamer in jou gedagtes wat Jesaja op die volgende manier beskryf: “U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U” (Jesaja 26:3, kursief myne).

DIE HELE BEDIENING VAN CHRISTUS SE KERK

Gary Wilkerson

Hier is die definisie van die evangeliebediening volgens die apostel Paulus: “Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk; verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

DIE ONTSAGWEKKENDE KRAG VAN JESUS SE NAAM

Nicky Cruz

Jesus het saam met Sy dissipels in die boot gevaar (Markus 5:1-18), toe Hy hulle oor die see van Galiléa geneem het na die gebied van die Gadaréners, ‘n land wat deur heidene bewoon is. Toe Jesus uit die boot geklim het, het ‘n duiwelbesete man na Hom gehardloop en op sy knieë geval. Die duiwels het op Jesus geskree, “Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die Allerhoogste God!” En die duiwels het Hom gesmeek om hulle barmhartig te wees.

GOD DINK AAN JOU

David Wilkerson

Ek het ‘n kort Boodskap vir hulle wat ‘n pynlike en oorweldigende situasie beleef. Ek praat nie met hulle wat tans ‘n tydperk van rus van lyding beleef, of wat nie in pyn of verdriet verkeer nie. Dank God vir daardie tye van stille rus.