Body

Afrikaans Devotionals

​‘N BONATUURLIKE ONTSNAPPING

David Wilkerson

Vasgekeer tussen twee berge met die Rooi See voor hulle, was Israel in ‘n hopelose penarie terwyl ‘n woedende Farao en sy ysterwaens van agter af op hulle afgestorm het.

Dit is ‘n baie bekende storie, een wat jy al jou hele kerklewe hoor. Die kinders van Israel was deur God in ‘n verskriklike krisis ingelei waar hulle agtervolg was deur ‘n venynige vyand. Ongelooflik soos dit mag lyk, het die Here sy volk doelbewus tot in hierdie netelige posisie gelei. Ek glo hierdie storie is van groot belang vir die kerk vandag en inderdaad vir hierdie tydstip in die geskiedenis.

DIE GEMEENTE VAN DIE EERSGEBORENES

Gary Wilkerson

“Maar julle het gekom by die berg Sion . . . en die gemeente van eersgeborenes . . .” (Hebreërs 12:22-23).

Die “gemeente van eersgeborenes” is ‘n vergadering van mense wat regverdig en volmaak gemaak is deur God.

Wie was die eersgeborenes in Israel van wie ons in die ou Testament lees? Dit was die oudste manlike seun wat in aanmerking kom om die erdeel van die vader te ontvang. So, alles wat die vader bymekaargemaak het, al die rykdom van sy koninkryk was geërf deur die eersgeborene.

DIE BELOOFDE KRAG

Nicky Cruz

Jesus het die vrystelling van Sy krag en die Gees op die lewens van Sy volgelinge beloof, om onder hulle tekens, wonders, en wonderwerke te doen, sodat geen twyfel sou bestaan oor Sy krag in die oë van ‘n verlore en hopelose wêreld nie. Hy het belowe om Sy Gees te stuur om tussen en binne-in hulle te lewe, om hulle te lei terwyl hulle die evangelie na elke uithoek van die aarde sou neem.

HY KAN NIE WANKEL NIE

David Wilkerson

Dawid het in ‘n Psalm geskryf dat die Here “bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name” (Psalm 147:4). Dink daaraan: Dawid sê vir ons, “Wanneer jy pyn het, stop en kyk op. Jy sal besef, ‘As God dít kan doen, kan Hy sekerlik my behoefte ook aanspreek.’” Ek stem saam. As jy in jou pyn jou fokus op die majesteit van God kan hou, sal jy meer ontvang as wat enige prediker jou kan gee.

“HERE, GEE MY GELOOF”

David Wilkerson

Toe Jaïrus, die owerste van die sinagoge, hoor dat sy geliefde dogter gesterf het, het hy een laaste toets van sy geloof beleef: Hy was geforseer om die dood in die oë te kyk. Verbeel jou die chaos en verwarring in sy huis toe hy en Jesus daar opgedaag het. Ek sien Jaïrus se vrou in sy arms val en uitroep, “Waar was jy? Dit is te laat. Ons kosbare dogter is dood!”

NOOIT TE LAAT VIR GOD OM OP TE TREE NIE

David Wilkerson

So, was daar ‘n vertraging in die verhoring van jou gebed? Sien jy ander rondom jou wat oorwinnings behaal, aangeraak en genees word en wonderwerke wat vir hulle gebeur – terwyl jy egter sonder hulp bly in jou lyding? Word jy ongeduldig met God en roep uit, “Waarom nie ek nie, Here? Waar is my wonderwerk? Waarom word dit vertraag?” Indien wel, mis jy die punt totaal. Die Here probeer om jou geloof op te bou. Hy wil hê dat jy verby jou hartseer kyk en jou vertroue op Hom plaas, maak nie saak watter vertragings kom nie.

JESUS REAGEER OP ‘N EENVOUDIGE AANRAKING

David Wilkerson

Terwyl Jesus saam met Jaïrus, ‘n owerste van die sinagoge in Kapernaum, na sy huis gestap het om sy dogter te genees, het ‘n vrou wat gely het aan kroniese bloeding, hulle tegemoet gegaan. Vir twaalf jaar lank het hierdie vrou sonder ophou gebloei en was besig om ‘n stadige dood te sterf. Lukas, ‘n geneesheer, het geskryf dat sy “haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie” (Lukas 8:43).

EK HET DIE GEHEIM GELEER

Gary Wilkerson

“Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig” (Filippense 4:12).

Die Heilige Gees onderrig ons in die geheim van hoe om te lewe wanneer die lewe minder is as wat ons graag sou wou hê; wanneer ons nie die hulpbronne het wat ons gedink het ons sou hê nie, wanneer ons drome nie waar geword het nie. Paulus het in wese gesê, “Ek weet nie net dat ek alles kan verdra nie, maar ek het ‘n geheim en hierdie geheim is dat ek te volle kan leef in tye van oorvloed, sowel as in tye van honger.”

MET GOD SAAMSTEM

Carter Conlon

As Christene is ons geneig om baie tyd te spandeer deur te bid, “Asseblief, Here, doen dit” of “Asseblief, Here, doen dat.” Ons vra God heeltyd om iets te inisieer. “Bring asseblief my seun of my dogter huistoe. Gee asseblief vir my ‘n beter werk.”

Daardie is almal goeie en geldige gebede. Daar is egter tye wanneer God kies om iets op Sy eie te inisieer, en Hy soek iemand wat met Hom sal saamstem – iemand wat nie net sal bid, “Asseblief, Here” nie, maar “Ja, Here!”

IN DIE LIG

David Wilkerson

Jesus het ons beveel om te werk terwyl dit dag is. Waarom? Want “die nag kom wanneer niemand kan werk nie” (Johannes 9:4).

In Openbaring 7, beskryf Johannes ‘n menigte wat voor God se troon staan, 'n skare so massief dat niemand dit kan tel nie.